Archive FAQ > U Rekening

Hoe skep ek ’n rekening?

Om ’n rekening te skep, benodig u ’n uitnodigingskode of skakel (verwys na die Uitnodigings FAQ vir meer inligting). Sodra u ’n e-pos met ’n uitnodiging ontvang het, gebruik u die skakel in die e-pos om na die bladsy waar rekeninge geskep word te gaan. Indien u ’n uitnodigingskakel van ’n ander gebruiker af ontvang het, behoort hierdie skakel u na die regte blad toe te neem. Indien u ’n gewone kode (’n reeks getalle en letters) ontvang het, verwys na Hoe gebruik ek ’n uitnodigingskode wat nie ’n skakel is nie?.

Sal my gebruikersnaam in die openbaar vertoon word?

Ja, maak dus seker dat u iets kies waarmee u gelukkig is! Alhoewel u ’n skuilnaam kan gebruik (verwys na die Pseuds FAQ) om onder verskillende name op die Archive of Our Own – AO3 te plaas, sal u gebruikersnaam openbaar vertoon word langs die skuilnaam. Die verbindintenis sal in die volgende formaat verskyn:

Pseud (gebruikersnaam)

Watter tipe karakters word in my gebruikersnaam toegelaat?

U kan letters, syfers en onderstreepings in u gebruikersnaam hê. Vanweë die tegniese vereistes van die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), kan gebruikersname slegs geskep word met behulp van basiese Latynse skrif sonder spasies of diakritiek, en sonder leestekens soos punte of kommas. Dit moet begin en eindig met ’n letter of ’n getal, en dit moet minstens 3 karakters en hoogstens 40 karakters lank wees.

Lys met toegelate karakters: Aa, Bb, Cc, Dd, Ee, Ff, Gg, Hh, Ii, Jj, Kk, Ll, Mm, Nn, Oo, Pp, Qq, Rr, Ss, Tt, Uu, Vv, Ww , Xx, Yy, Zz, 0, 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, _.

Indien u meer buigsaamheid wil hê, soos spasies en spesiale karakters, kan u ’n Pseud skep (verwys na die Pseuds FAQ). Let daarop dat u gebruikersnaam openbaar langs die skuilnaam vertoon sal word (die formaat is "Pseud (gebruikersnaam)") selfs al gebruik u ’n skuilnaam. Maak dus seker dat u iets kies waarmee u gelukkig is!

Hoe kan ek my rekening verifieer?

Nadat u ’n rekening geskep het, sal u ’n skakel ontvang om dit te aktiveer. Volg die skakel in die e-pos om u nuwe Archive of Our Own – AO3 (Argief van ons Eie)-rekening te verifieer en te aktiveer. Indien u die rekening nie binne 14 dae nadat u dit opgestel het, verifieer nie, sal u registrasie verval en sal u weer deur die proses moet gaan. Besoek die Uitnodigings FAQ vir meer inligting oor uitnodigings.

Indien u die aktiverings-e-pos nie binne ’n paar uur na u registrasie kry nie, kyk asseblief na u spam-filter. As u steeds nie die e-pos binne 48 uur ontvang het nie, kontak die Ondersteuningskomitee en vra hulle om u te help om u rekening te aktiveer. Wanneer u die Ondersteuningskomitee kontak, noem asseblief die e-posadres wat aan u rekening gekoppel is. Om te verseker dat die kennisgewing nie deur u e-posbediener geblok word nie, kan u [email protected] by u safelist voeg.

Wat moet ek doen as ek dink dat daar by my rekening ingebreek is?

Indien u vermoed dat iemand u rekening sonder u toestemming gebruik, moet u onmiddellik u wagwoord verander en kontak maak met die Misbruikskomitee om te verseker dat u rekening nie vir ongewenste doeleindes gebruik word nie.

Hoe kan ek die e-posadres wat aan my rekening gekoppel is, verander?

U kan die e-pos wat aan u rekening gekoppel is op die Edit Profile (Wysig Profiel)-bladsy verander deur die volgende stappe te volg:

  1. Meld aan en gaan na u dashboard deur op "Hi, [gebruikersnaam]!" te klik en "My Dashboard" (My Paneelbord) in die kieslys te kies, of deur op u profielprent te klik.
  2. Kies "Profile" (Profiel) in die kieslys aan die kant van die bladsy (of aan die bokant op ’n mobiele toestel).
  3. Gebruik die "Edit My Profile" (Wysig My Profiel)-knoppie wat onderaan u profiel gevind kan word.
  4. Gebruik die "Change Email" (Verander E-pos)-knoppie, wat die laaste opsie onder die bladsyopskrif sal wees.
  5. Voer die nuwe e-posadres in in die velde vir "New Email" (Nuwe E-posadres) en "Confirm New Email" (Bevestig Nuwe E-posadres).
  6. Voer u wagwoord in die "Password" (Wagwoord)-veld in.
  7. Gebruik die "Change Email" (Verander E-pos)-knoppie om u wysigings aan te bring. U sal ’n e-pos by u vorige e-posadres ontvang waarin u kennis gegee word van die verandering.

Hoe kan ek my wagwoord verander?

U kan die wagwoord vir u rekening op die "Edit Profile" (Wysig Profiel)-bladsy verander deur die volgende stappe te volg:

  1. Meld aan en gaan na u dashboard deur op "Hi, [gebruikersnaam]!" te klik en "My Dashboard" (My Paneelbord) in die kieslys te kies, of deur op u profielprent te klik.
  2. Kies "Profile" (Profiel) in die kieslys aan die kant van die bladsy (of aan die bokant op ’n mobiele toestel).
  3. Gebruik die "Edit My Profile" (Wysig My Profiel)-knoppie wat onderaan u profiel gevind kan word.
  4. Gebruik die "Change Password" (Verander Wagwoord)-knoppie.
  5. Voer die nuwe wagwoord in die velde "New Password" (Nuwe Wagwoord) en "Confirm New Password" (Bevestig Nuwe Wagwoord) in.
  6. Voer u huidige wagwoord in die veld "Old Password" (Ou Wagwoord) in.
  7. Gebruik die "Change Password" (Verander wagwoord)-knoppie onderaan die vorm om u wysigings uit te voer.

Hoe kan ek my gebruikersnaam verander?

Voordat u u gebruikersnaam verander, moet u weet dat skakels vanaf u ou gebruikersnaam nie outomaties na u nuwe gebruikersnaam oorgedra word nie. Skakels na u individuele werke bevat nie u gebruikersnaam nie, sodat dit nie breek nie, maar enige skakels na u Dashboard (Paneelbord), Profile (Profiel), Works (Werke)-bladsy, Series (Reekse)-bladsy, ensovoorts sal breek, want u gebruikersnaam is deel van die URL (skakel). Indien u ’n skuilnaam skep, sal dit nie dieselfde probleme veroorsaak nie.

Om u gebruikersnaam te verander:

  1. Meld aan en gaan na u dashboard deur op "Hi, [gebruikersnaam]!" te klik en "My Dashboard" (My Paneelbord) in die kieslys te kies, of deur op u profielprent te klik.
  2. Kies "Profile" (Profiel) in die kieslys aan die kant van die bladsy (of aan die bokant op ’n mobiele toestel).
  3. Gebruik die "Edit My Profile" (Wysig My Profiel)-knoppie wat onderaan u profiel gevind kan word.
  4. Kies die "Change User Name" (Verander gebruikersnaam)-knoppie.
  5. Vul u nuwe gebruikersnaam en wagwoord op die vorm in.
  6. Gebruik die "Change User Name" (Verander Gebruikersnaam)-knoppie om u wysigings uit te voer.
  7. Ol> Gebruikersname moet uniek wees. U kan nie u gebruikersnaam verander na een wat alreeds deur iemand anders geneem is nie. As iemand reeds die gebruikersnaam gebruik wat u wil neem, oorweeg dit om ’n skuilnaam te gebruik (verwys na die Pseuds FAQ). U kan egter die hoofletters van u bestaande gebruikersnaam verander sonder om die webadres van u gebruikersbladsy te verander. Met ander woorde, indien u tans die gebruikersnaam "superfan" het, kan u u rekening hernoem na "Superfan", "SuperFan", of selfs "SuPeRfAn" sonder om enige skakels te breek. Wanneer u ’n hoofletterverandering aanbring, moet u seker maak dat u weblaaier nie u vorige hoofletters gestoor het nie; sommigeweblaaiers sal dit outomaties verander wanneer u probeer om dit op te dateer. Om uit te vind presies hoe 'n gebruikersnaamverandering u werke, boekmerke en ander dele van u rekening sal beïnvloed, kyk gerus na Hoe beïnvloed die verandering van my gebruikersnaam my rekening?

Hoe beïnvloed die verander van my gebruikersnaam my rekening?

Die verander van u gebruikersnaam sal:

  • Die gebruikersnaam op al u werke en boekmerke verander.
  • U gebruikersnaam op alle kommentaar en kudos wat u op die webwerf gelos het, verander.
  • U standaardpseud verander.
  • Skakels na u profielbladsy breek, aangesien die URL u gebruikersnaam bevat.
  • Skakels na u werkelys breek, aangesien die URL u gebruikersnaam bevat.
  • Enige ander skakels u gebruikersnaam bevat, breek. Byvoorbeeld, archiveofourown.org/users/$USERNAME/series.

Die verandering van u gebruikersnaam sal nie:

  • Skakels na u individuele werke, versamelings of uitdagings breek nie, aangesien die direkte skakels nie u gebruikersnaam noem nie. ’n Skakel na een van u werke is byvoorbeeld soos volg gestruktureer: archiveofourown.org/works/12345678.
  • Onmiddellik u gebruikersnaam in internetsoeklyste, soos Google, Bing of Yahoo, verander nie.
  • U werke, boekmerke, subskripsies, geskiedenis of enige ander inhoud wat u op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) geskep het, uitvee nie.

Gebruik hierdie funksie versigtig. Let daarop dat veranderinge aan u gebruikersnaam enkele dae of langer kan duur voordat dit verskyn. Indien u gebruikersnaam op u werke, boekmerke, versamelings ens. nie na ’n week verander het nie, kontak die Ondersteuningskomitee.

Hoe kan ek my verlore gebruikersnaam of wagwoord weer vind?

U kan ’n verlore wagwoord vind via die wagwoordherstelvorm. U moet u gebruikersnaam of die e-posadres wat met u rekening geassosieer word in die ooreenstemmende veld invoer en die "Reset Password" (Herstel Wagwoord)-knoppie gebruik. Indien u u gebruikersnaam vergeet het, moet u u e-posadres invoer om dit weer te kry en ook u wagwoord weer instel. U besonderhede sal per e-pos aan u gestuur word op die adres wat aan u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)-rekening gekoppel is. Indien u toegang tot die e-posadres wat aan u AO3-rekening gekoppel is, verloor het, kontak die Ondersteuningkomitee vir hulp.

Hoe kan ek my rekening uitvee?

Indien u u rekening uitvee, word u werke verwyder uit die Archive of Our Own – AO3 (Translation). Indien u u rekening wil uitwis, maar u werke aanlyn wil hou, moet u dit oorweeg om u werke te onteien (verwys na die Onteiening Algemene Vrae).
U kan u rekening soos volg op u Profile (Profiel) uitvee:

  1. Meld aan en gaan na u dashboard deur op "Hi, [gebruikersnaam]!" te klik en "My Dashboard" (My Paneelbord) in die kieslys te kies, of deur op u profielprent te klik.
  2. Kies "Profile" (Profiel) in die kieslys aan die kant van die bladsy (of aan die bokant op ’n mobiele toestel).
  3. Gebruik die "Delete My Account" (Vee my rekening uit)-knoppie onderaan u profiel. Let daarop dat hierdie ’n permanente aksie is. Daar is geen manier om ’n geskrapte rekening te herstel nie.
  4. Indien u werke het, sal u gevra word of u dit wil onteien of verwyder.

Om uit te vind hoe die uitvee van u rekening, kommentaar en kudos wat u gelaat het sal beïnvloed, raadpleeg Wat gebeur met kommentaar wat ek gelewer het wanneer ek my rekening skrap? en Wat gebeur met kudos wat ek gelaat het wanneer ek my rekening skrap? in die Kommentaar en Kudos Algemene Vrae.

Hoe weier ek ’n geskenk?

Meld aan en gaan na u dashboard deur op "Hi, [gebruikersnaam]!" te klik en "My Dashboard" (My Paneelbord) in die kieslys te kies, of deur op u profielprent te klik. Kies "Gifts" (Geskenke) in die kieslys aan die kant van die bladsy of aan die bokant op ’n mobiele toestel. Dit sal u na ’n lys van u geskenke neem.

Kies die "Refuse Gift" (Weier Geskenk)-knoppie onder enige werk om dit te weier. Die werk sal toeganklik bly op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), maar dit sal nie meer in u geskenke verskyn nie en dit bevat nie u gebruikersnaam as ontvanger in die werk se opsomming of in die geskenkgedeelte van die werk se notas nie.

Die skeppers van werke word nie in kennis gestel as u ’n geskenk weier nie, en die werk kan nie weer aan u geskenk word nie.

Indien u in kennis gestel wil word wanneer u ’n geskenk ontvang, besoek Hoe verander ek die manier waarop ek kennisgewings oor kommentaar ontvang? Indien u ’n geskenk wat u voorheen geweier het, wil aanvaar, raadpleeg Is daar ’n manier om ’n geskenk te aanvaar nadat dit geweier is?

Is daar ’n manier om ’n geskenk te aanvaar nadat dit geweier is?

Meld aan en gaan na u dashboard deur op "Hi, [gebruikersnaam]!" te klik en "My Dashboard" (My Paneelbord) in die kieslys te kies, of deur op u profielprent te klik. Kies "Gifts" (Geskenke) in die kieslys aan die kant van die bladsy of aan die bokant op ’n mobiele toestel. Dit sal u na ’n lys van u geskenke neem.

Kies van daar af die "Refused Gifts" (Geweierde Geskenke)-knoppie. Dit sal u na ’n lys geskenke neem wat u geweier het. Om die aanvaarding van ’n werk te verander, kies die "Accept Gift" (Aanvaar geskenk)-knoppie in die werk se opsomming. Die werk sal weer na u lys met aanvaarde geskenke oorgedra word, en u gebruikersnaam sal weereens as ’n ontvanger in die opsomming en notas van die werk gelys word.

Skeppers van werke word nie in kennis gestel indien u ’n geskenk wat voorheen geweier is, aanvaar nie.

Besoek Hoe kan ek ’n geskenk weier vir meer inligting oor hoe om ’n geskenk te weier?

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.