AO3 News

Post Header

OTW Lidmaatskapwerwing, 17-19 Oktober 2025

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Oktober Lidmaatskapwerwing is verby en ons is bly om te sê dat ons 'n totaal van VS$288 692,28 ingesamel het. Ons is veral bly dat 7 339 van ons skenkers gekies het om lidmate te word, of deur hulle donasie hul OTW lidmaatskap te hernu. Dit het ons doelwit van 4 500 lede oorsky.
Hierdie donasies kom vanaf 8 753 mense in 79 lande. Dankie aan elkeen van hulle, asook aan almal wat nuus oor die werwing gedeel het! Die OTW sou nie bestaan sonder sy gebruikers regoor die wêreld nie, en jul aanhoudende ondersteuning is ons trots! Ons is bly dat ons voortdurende missie om die geskiedenis van fanwerke en fankultuur te ondersteun, beskerm en toegangklik te maak steeds aanklank vind by die mense wie vir ons mees belangrik is: die fans self.

As jy beplan het om te skenk of aan te sluit as 'n lidmaat en dit nog nie gedoen het nie, moenie bekommerd wees nie! Die OTW aanvaar heel jaar donasies en jy kan enige tyd kies om 'n lidmaat te word met 'n donasie van VS$10 of meer. Lidmaatskap duur vir een kalenderjaar vanaf die datum van die donasie, so as jy nou skenk sal jy kan stem in die 2026 OTW Raadsverkiesing, wat in Augustus plaasvind. Ons eksklusiewe bedankingsgeskenke is beskikbaar wanneer ook al jy skenk!

Baie dankie weereens aan ons skenkers, ons vrywilligers en almal wat die OTW en sy projekte ondersteun. Ons kan nie wag om te sien watter mylpale ons in die toekoms sal bereik nie.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

OTW Lidmaadskapwerwing, 17-19 Oktober 2025

Die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bly groei en nuwe mylpale bereik. Vanjaar alleen het ons nege miljoen gebruikers, een miljoen Mandaryns-Chinese fanwerke en 15 miljoen fanwerke gevier. Het jy al ooit gewonder hoe ons agter die skerms by bly?

Een van die plekke waar jul skenkings mees benut word is deur ons Sisteemkomitee, wat hard werk om die bedieners wat AO3 se databasis en soekstelsels aandryf, op te gradeer om tred te hou met die toenemende aantal gebruikers en aktiwiteit.

Die Sisteemkomitee onderhou die infrastruktuur wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte ondersteun, sowel as interne stelsels. Dit sluit ons drie bedienerrakke, talle bedieners en netwerktoerusting (hieronder gelys) in. Ons span van vrywilligers monitor gereeld ons bedieners en reageer so gou moontlik op onderbrekings om diens te herstel. Dit is benewens die uitvoering van roetine opgraderings en onderhoud om te verseker dat die OTW se projekte beskikbaar bly. Hulle publiseer ook af en toe ondersoeke en aanbiedings oor AO3 se infrastruktuur op hul AO3_Sisteemkomitee AO3-rekening.

AO3 bedienerrakke.

Ons het verskeie donasie geskenke vir hierdie Lidmaatskapwerwing voorberei! Soos gewoonlik het ons ons VS$45-plakkerstel. Op die VS$75-vlak het ons vanjaar se aansteekspeld (die AO3-logo vermom as 'n skoenlapper!) en 'n nuwe draaiende sleutelhouer met die AO3- en OTW-logo's op. Hierdie maand het ons ook ons ​​ou sportsak vervang met 'n waterbottel + aansteekspeld kombinasie.

Reënboogkleurige skoenlapper aansteekspeld met die AO3-logo as die skoenlapper se lyf Silwer sirkel sleutelhouer met twee ringe wat in teenoorgestelde rigtings draai. AO3-logo aan die een kant gegraveer met die OTW-logo aan die ander kant. Rooi metaal geïsoleerde waterbottel met 'n swart doppie. Dit sê

As jy 'n geskenk wil hê, maar nie die volle bedrag op een slag wil skenk nie, kan jy ook 'n herhalende skenking opstel en spaar vir die geskenk van jou keuse. Kies die geskenk wat jy wil hê op die skenkingsvorm. As jy kies om nie die volle bedrag op een slag te betaal nie sal dit outomaties as 'n herhalende skenking opgestel word. Die van julle in die VSA kan dalk ook jul bydrae verdubbel via werkgewersbydrae-programme: kontak jou HR-afdeling om uit te vind of dit 'n opsie is.

'n Skenking van VS$10 of meer sal jou ook toelaat om 'n lid van die OTW te word. OTW-lede het die reg om te stem vir die Raad van Direkteure – die OTW se bestuursraad. Jy het tot 30 Junie 2026 om 'n lid te word as jy in volgende jaar se verkiesing wil stem, wat in Augustus plaasvind.

Alhoewel ons hoop dat baie van julle hierdie geleentheid sal benut om te skenk en by die OTW aan te sluit, is ons dankbaar vir die ondersteuning van alle lede van hierdie gemeenskap, in al sy vele vorme! Of julle nou werke op die AO3 skep of deel, kommentaar lewer of fanwerke prys; Fanlore wysig; Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) lees; of inligting versprei oor Legal Advocacy (Regsvoorspraak), help julle almal om die OTW en sy projekte elke dag te vorm. Ons is dankbaar vir julle tyd, energie en betrokkenheid!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2025-09-28 15:11:38 UTC
Original:
Collection Tags and Improvements to Collection Filters
Tags:

Ons het sopas kode verfris wat dit makliker sal maak om deur die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) se versamelings te blaai en filters toe te pas! Benewens 'n paar agterstallige prestasieverbeterings, laat hierdie bywerking ons ook toe om collection tags (versamelingsetikette) bekend te stel – 'n nuwe manier om versamelings te vind wat die fandoms, verhoudings, tropes en ander onderwerpe waarvan jy hou, bevat.

Hoe werk versamelingsetikette?

Versameling-eienaars kan nou tot 10 etikette van enige tipe gebruik (Wat is die verskillende tipes etikette?) om hul versameling te beskryf. Die etikette word op die versameling se beskrywing gelys, en die versamelingsfilters het 'n nuwe "Filter by tag" ("Filtreer volgens etiket") outo-voltooiveld om gebruikers te help om versamelings te vind waarin hulle sal belangstel.

'n Versamelingsbeskrywing langs die versamelingsfilters. Die beskrywing het etikette wat onder die versameling se titel gelys word en die filters het 'n

Alhoewel dit moontlik is om splinternuwe etikette op versamelings te gebruik, moedig ons eienaars sterk aan om bestaande kanonieke etikette of hul sinonieme te gebruik. Dit maak dit makliker vir gebruikers om jou versameling te vind deur die outovoltooi-opsies in die versamelingsfilters te gebruik.

Ons het ook 'n "Multifandom" (Multifandom) opsie bygevoeg spesifiek vir versamelings wat 'n wye verskeidenheid fandoms bevat. Versameling-eienaars kan hierdie opsie kies om gebruikers te help om versamelings te vind waar die fokus nie 'n spesifieke fandom is nie, maar eerder 'n tema, soos fanvideo's van ou films of fiksie wat in die eerste persoon geskryf is. Ons dink dit sal veral nuttig wees vir gebruikers wie se fandoms nie hul eie prikkel-memes of geskenk uitruilings het nie, maar wat uitdagings wil vind waaraan hulle dalk kan deelneem.

Let asseblief daarop dat hoewel ons versameling-eienaars aanmoedig om dadelik die "Multifandom"-opsie te begin gebruik, daar nog 'n paar veranderinge is wat ons moet aanbring voordat dit moontlik sal wees om versamelings te filtreer gebaseer op hul multifandom-status. Ons sal hierdie bloginskrywing opdateer sodra multifandom-filtrering beskikbaar is.

Wat van bestaande versamelings?

Saam met die bekendstelling van die versamelingsetikette funksie, het ons outomaties bestaande versamelings gemerk met die fandoms van hul werke en boekmerke, sowel as enige werke of boekmerke in hul subversamelings.

Daarbenewens is versamelings met meer as een onverwante fandom outomaties as multifandom gemerk. Ons het ons etiket organiserings stelsel gebruik om te bepaal of fandoms verwant is, net soos ons doen wanneer ons werke as oorkruisings merk. Versamelings met meer as 10 fandoms (die limiet vir versamelingsetikette) is as multifandom gemerk, maar het geen bygevoegde fandom-etikette nie.

Versameling-eienaars is welkom om hul versameling te wysig en enige inligting wat ons outomaties bygevoeg het, te verander.

Ander veranderinge

As deel van die opknapping van die blaai en filtreer funksies, is daar 'n paar ander merkbare veranderinge aan versamelings.

  • Subversamelings word nou op die hoof Collections (Versamelings)-bladsy gelys en ingesluit in die resultate wanneer daar gefiltreer word.
  • Om plek te maak vir versamelingsetikette, het ons die lys van eienaars en modereerders in beskrywings gekombineer, soortgelyk aan die manier waarop hulle op die versamelingsprofiel gekombineer word. Omdat ons weet dat hierdie onderskeid vir sommige gebruikers belangrik is, het ons dit moontlik gemaak om eienaars en modereerders afsonderlik te stileer deur die a.owner (vir eienaars) en a.mod (vir modereerders) selektors in 'n voorkomsvel te gebruik. (Jou style sal in die beskrywing en op die versamelingsprofiel toegepas word.)
  • Die Open Challenges (Oop Uitdagings)-bladsy, insluitend die Open Gift Exchanges (Oop Geskenk Uitruilings) en Open Prompt Memes (Oop Prikkel-memes)-bladsye, lys nou versamelings wat die naaste is aan sluit bo-aan die bladsy.

Bywerking 28-09-2025 12:14 UTC: Die multifandom-filtrering opsies is nou by die filters gevoeg!

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2025-09-14 14:27:47 UTC
Original:
OTW Members – Check Your Email for Voting Instructions
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Teen hierdie tyd moes alle stemgeregtigde lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) 'n e-pos ontvang het met 'n skakel na die steminstruksies vir 2025. Die onderwerp was "Voting Instructions for Organization for Transformative Works (OTW) Board Election" ("Steminstruksies vir die Verkiesing van die Organisasie vir Transformerende Werke (OTW) se Raad"). Let daarop dat enigiemand wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vanjaar nie op die kieserslys is nie en dus nie 'n stembrief sal ontvang nie.

Die e-pos oor stem-inligting bevat 'n skakel na 'n toetsweergawe van die stembrief. Volg asseblief die skakel om seker te maak dat die bladsy korrek vertoon en dat die kandidate sigbaar is. Indien nie, maak seker dat jy nie JavaScript blok vanaf ajax.googleapis.com en/of bootstrapcdn.com nie.

As jy 'n OTW-lid is en nie hierdie e-pos ontvang het nie, doen asseblief die volgende:

  1. Kyk na jou strooipos.
    • As jy Gmail gebruik, soek deur jou Sosiale oortjie.
    • As die e-pos as strooipos gemerk is, ontmerk dit. Andersins sal jy nie jou stembrief ontvang nie aangesien dit ook by jou strooipos sal opeindig.
  2. Indien daar nie 'n e-pos is nie, kyk na die datum op lou skenkingskwitansie.
    • Om in hierdie verkiesing te stem moet jou kwitansie tussen 1 Julie 2024 en 30 Junie 2025 gedateer wees, insluitende beide datums.
    • Indien jy per tjek betaal het word jou lidmaatskap uitgewerk volgens die aankomsdatum van die tjek. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. As jy nie seker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is nie, kontak ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?") te selekteer op die kontakvorm op ons webtuiste.
  3. Indien jou donasie gedurende die geskikte tydperk gemaak is, maak seker dat jy die vakkie gemerk het om lid te word. Lidmaatskap is vrywillig vir diegene wat minstens VS$10 skenk; slegs lede kan stem.
  4. Indien jy wel lid geword het, maak seker dat jy geen e-posse van die OTW af as strooipos gemerk het nie, en nie gekies het om nie OTW-e-posse—of laas jaar se stembrief— te ontvang nie. As jy dit wel gedoen het en hierdie jaar wil stem, moet jy stap 5 hieronder volg.
  5. Indien jy gedurende die kwalifiserende periode minstens VS$10 geskenk het en jy die vakkie gemerk het om 'n lid te word, moet jy asseblief die Verkiesings-Kontakvorm voltooi en die onderwerp "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?") kies. Maak seker dat jy dieselfde e-pos adres gebruik wat jy gebruik het toe jy jou donasie gemaak het.
    • Lidmaatskap het geen verband met of mens 'n gebruiker van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) of Fanlore is nie. Moet asseblief nie jou AO3- of Fanlore-gebruikersnaam gee nie. Ons sal nie weet aan wie daardie naam behoort nie, en ons wil ook nie weet nie.

Belangriker nog, as jou e-pos met stem-inligting bons, as strooipos gemerk word, of as jy aan die e-posse ontrek het, sal jy nie 'n stembrief vir hierdie jaar se verkiesing ontvang nie en sal jy dalk nie volgende jaar 'n stembrief kry nie. Net so, as een van hierdie dinge met verlede jaar se verkiesings e-pos gebeur het, sal jy nie vanjaar 'n stembrief ontvang nie. As jy dus vroeër aan OTW e-posse ontrek het of dit as strooipos gemerk het maar wil stem, voltooi die Verkiesings-Kontakvorm en kies die onderwerp "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?")


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2025-09-01 19:50:48 UTC
Original:
2025 OTW Election Statistics
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Noudat die 2025-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met julle te deel!

Vir die 2025-verkiesing het ons 'n totaal van 15 138 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 2 197 kiesers gestem, wat 14,5% van die moontlike kiesers verteenwoordig.

Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat 'n deelname van 22,8% gehad het.

Ons het ook 'n afname in die aantal stemme gesien, van 3 415 na 2 197, wat 'n afname van 35,6% verteenwoordig.

Die Verkiesingskomitee is toegewy daaraan om ons stemgeregtigde lede te bereik, om hulle aan te moedig om in verkiesings te stem. Diegene wat tot die Raad van Direkteure verkies word, kan 'n belangrike invloed op die langtermyngesondheid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte hê en ons wil hê dat ons lede 'n sê daarin het.

Vir diegene wat belangstel in die aantal stemme wat elke kandidaat ontvang het, neem asseblief kennis dat ons verkiesingsproses ontwerp is om 'n gelyke groep Raadslede te verkies om hulle toe te laat om goed saam te werk, daarom maak ons nie daardie inligting bekend nie.
As 'n algemene reël maak ons ook nie bekend wie van ons onsuksesvolle kandidate die minste stemme ontvang het nie, aangesien ons hulle nie wil ontmoedig om weer 'n kandidaat te wees wanneer omstandighede en lede se belange anders mag wees nie.

Aangesien daar egter net 3 kandidate was, is die bekendmaking van hierdie inligting onvermydelik.

Weereens, baie dankie aan elkeen wat aan elke fase van die verkiesing deelgeneem het! Ons hoop om jullue almal weer volgende jaar by die virtuele stembusse te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2025-08-21 20:24:31 UTC
Original:
2025 OTW Election Results
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Die Verkiesingskomitee wil graag al ons kandidate bedank vir hul harde werk in hierdie jaar se verkiesing. Ons bedank ook vir uitgaande Raadslede Jennifer Haynes en Zixin Hang vir hul werk gedurende hul termyne. Dit is dan ook 'n voorreg om die resultate van die 2025 verkiesing bekend te maak.

Die volgende kandidate (in alfabetiese volgorde) is amptelik verkies tot die Raad van Direkteure:

  • Elizabeth Wiltshire
  • Harlan Lieberman-Berg

Die Raadsoordrag begin formeel op 1 Oktober. Ons wens die nuwe lede van die Raad sterkte toe met hul termyn.

Hiermee kom die verkiesingseisoen dan tot 'n einde. Dankie aan almal wat betrokke geraak het deur nuus oor die verkiesing te versprei, aan die kandidate vrae te vra en natuurlik ook deur te stem! Ons sien uit daarna om julle almal volgende jaar weer te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2025-08-15 02:17:45 UTC
Original:
2025 OTW Board Voting Now Open!
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Die verkiesing het geopen!

Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2024 en 30 Junie 2025 aangesluit het behoort teen die tyd 'n stembrief te hê. As jy nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in jou strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. As jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontak vorm op ons webtuiste te gebruik en "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap op datum/Is ek geregtig om te stem?") te selekteer.

Die verkiesing sal plaasvind tot 18 Augustus 2025, 23:59 UTC; sien hierdie tydsone omskakelaar om uit te vind hoe laat dit vir jou sal wees.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2025-07-25 21:00:52 UTC
Original:
2025 OTW Elections Candidates Announcement
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Kandidate Aankondiging

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kondig graag die volgende kandidate vir die 2025 Verkiesing aan (in alfabetiese volgorde volgens voornaam):

  • C. Ryan S.
  • Elizabeth W.
  • Harlan L.B.

Omdat ons 2 setels om te vul en 3 kandidate het, sal die 2025 verkiesing bestry word – dit wil sê die lede van die OTW sal stem vir die kandidate wie die setels sal vul.

Die Verkiesingskomitee is opgewonde om die kandidate aan al die lede van OTW voor te stel! In hierdie berig is daar skakels na kort Biografieë en Platforms wat die kandidate geskryf het. Inligting oor die stemtydperk en hoe om te stem sal ook binnekort geplaas word.

Intussen is daar 'n tydlyn van verkiesingsgebeurtenisse hier beskikbaar vir jou om na te verwys. Lees verder om meer te wete te kom oor ons kandidate en hoe jy vrae vir hulle kan indien!

Platforms en Biografieë

Ons het elke kandidaat gevra om vir ons 'n biografie te gee wat hulle professionele en fannish ondervinding opsom. Hulle moes ook 'n Platform skryf oor hul doelwitte vir hul termyn op die Raad deur die volgende vrae te beantwoord:

  • Hoekom het jy besluit om te staan vir verkiesing tot die Raad?
  • Watter vaardighede en/of ondervinding sal jy na die Raad bring?
  • Kies een of twee doelwitte vir die OTW wat vir jou belangrik is en waaraan jy gedurende jou termyn wil werk. Hoekom is hierdie doelwitte vir jou van waarde? Hoe sal jy saam met ander werk om die doelwitte te bereik?
  • Wat is jou ervaring met die OTW se projekte en hoe sou jy met die betrokke komitees saamwerk om hulle te ondersteun en te versterk? Probeer om 'n reeks projekte in te sluit, maar beklemtoon gerus die spesifieke projekte waarmee jy ervaring het.
  • Hoe sou jy jou Raadswerk balanseer met ander rolle in die OTW, of hoe beplan jy om jou huidige rolle oor te gee om op Raadswerk te konsentreer?

Jy kan beide die kandidate se antwoorde op hierdie vrae en hulle biografieë lees deur die onderstaande skakels te volg.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment


Pages Navigation