AO3 News

Post Header

Published:
2025-09-28 15:11:38 UTC
Original:
Collection Tags and Improvements to Collection Filters
Tags:

Ons het sopas kode verfris wat dit makliker sal maak om deur die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie – AO3) se versamelings te blaai en filters toe te pas! Benewens 'n paar agterstallige prestasieverbeterings, laat hierdie bywerking ons ook toe om collection tags (versamelingsetikette) bekend te stel – 'n nuwe manier om versamelings te vind wat die fandoms, verhoudings, tropes en ander onderwerpe waarvan jy hou, bevat.

Hoe werk versamelingsetikette?

Versameling-eienaars kan nou tot 10 etikette van enige tipe gebruik (Wat is die verskillende tipes etikette?) om hul versameling te beskryf. Die etikette word op die versameling se beskrywing gelys, en die versamelingsfilters het 'n nuwe "Filter by tag" ("Filtreer volgens etiket") outo-voltooiveld om gebruikers te help om versamelings te vind waarin hulle sal belangstel.

'n Versamelingsbeskrywing langs die versamelingsfilters. Die beskrywing het etikette wat onder die versameling se titel gelys word en die filters het 'n

Alhoewel dit moontlik is om splinternuwe etikette op versamelings te gebruik, moedig ons eienaars sterk aan om bestaande kanonieke etikette of hul sinonieme te gebruik. Dit maak dit makliker vir gebruikers om jou versameling te vind deur die outovoltooi-opsies in die versamelingsfilters te gebruik.

Ons het ook 'n "Multifandom" (Multifandom) opsie bygevoeg spesifiek vir versamelings wat 'n wye verskeidenheid fandoms bevat. Versameling-eienaars kan hierdie opsie kies om gebruikers te help om versamelings te vind waar die fokus nie 'n spesifieke fandom is nie, maar eerder 'n tema, soos fanvideo's van ou films of fiksie wat in die eerste persoon geskryf is. Ons dink dit sal veral nuttig wees vir gebruikers wie se fandoms nie hul eie prikkel-memes of geskenk uitruilings het nie, maar wat uitdagings wil vind waaraan hulle dalk kan deelneem.

Let asseblief daarop dat hoewel ons versameling-eienaars aanmoedig om dadelik die "Multifandom"-opsie te begin gebruik, daar nog 'n paar veranderinge is wat ons moet aanbring voordat dit moontlik sal wees om versamelings te filtreer gebaseer op hul multifandom-status. Ons sal hierdie bloginskrywing opdateer sodra multifandom-filtrering beskikbaar is.

Wat van bestaande versamelings?

Saam met die bekendstelling van die versamelingsetikette funksie, het ons outomaties bestaande versamelings gemerk met die fandoms van hul werke en boekmerke, sowel as enige werke of boekmerke in hul subversamelings.

Daarbenewens is versamelings met meer as een onverwante fandom outomaties as multifandom gemerk. Ons het ons etiket organiserings stelsel gebruik om te bepaal of fandoms verwant is, net soos ons doen wanneer ons werke as oorkruisings merk. Versamelings met meer as 10 fandoms (die limiet vir versamelingsetikette) is as multifandom gemerk, maar het geen bygevoegde fandom-etikette nie.

Versameling-eienaars is welkom om hul versameling te wysig en enige inligting wat ons outomaties bygevoeg het, te verander.

Ander veranderinge

As deel van die opknapping van die blaai en filtreer funksies, is daar 'n paar ander merkbare veranderinge aan versamelings.

  • Subversamelings word nou op die hoof Collections (Versamelings)-bladsy gelys en ingesluit in die resultate wanneer daar gefiltreer word.
  • Om plek te maak vir versamelingsetikette, het ons die lys van eienaars en modereerders in beskrywings gekombineer, soortgelyk aan die manier waarop hulle op die versamelingsprofiel gekombineer word. Omdat ons weet dat hierdie onderskeid vir sommige gebruikers belangrik is, het ons dit moontlik gemaak om eienaars en modereerders afsonderlik te stileer deur die a.owner (vir eienaars) en a.mod (vir modereerders) selektors in 'n voorkomsvel te gebruik. (Jou style sal in die beskrywing en op die versamelingsprofiel toegepas word.)
  • Die Open Challenges (Oop Uitdagings)-bladsy, insluitend die Open Gift Exchanges (Oop Geskenk Uitruilings) en Open Prompt Memes (Oop Prikkel-memes)-bladsye, lys nou versamelings wat die naaste is aan sluit bo-aan die bladsy.

Bywerking 28-09-2025 12:14 UTC: Die multifandom-filtrering opsies is nou by die filters gevoeg!

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.