AO3 News

Post Header

Published:
2024-08-29 15:21:39 UTC
Original:
2024 OTW Board Election Statistics
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Noudat die 2024-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met u te deel!

Vir die 2024-verkiesing het ons 'n totaal van 14 959 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 3 415 kiesers gestem, wat 22,8% van die moontlike kiesers verteenwoordig.

Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat 'n deelname van 27,8% gehad het.

Ons het ook 'n afname in die aantal stemme gesien, van 4 247 na 3 415, wat 'n afname van -19,6% verteenwoordig.

Die Verkiesingskomitee is toegewy daaraan om aan te hou om ons stemgeregtigde lede te bereik en hulle aan te moedig om in verkiesings te stem. Diegene wat tot die Raad van Direkteure verkies word, kan 'n belangrike invloed op die langtermyngesondheid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte hê en ons wil hê dat ons lede 'n sê daarin het.

Vir diegene wat belangstel in die aantal stemme wat elke kandidaat ontvang het, neem asseblief kennis dat ons verkiesingsproses ontwerp is om 'n gelyke groep Raadslede te verkies om hulle toe te laat om goed saam te werk, daarom maak ons nie daardie inligting bekend nie.
As 'n algemene reël maak ons ook nie bekend wie van ons onsuksesvolle kandidate die minste stemme ontvang het nie, aangesien ons hulle nie wil ontmoedig om weer 'n kandidaat te wees wanneer omstandighede en lede se belange anders mag wees nie.

Weereens, baie dankie aan elkeen wat aan elke fase van die verkiesing deelgeneem het! Ons hoop om u almal weer volgende jaar by die virtuele stembusse te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2024-08-20 01:17:21 UTC
Original:
2024 OTW Election Results
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Die Verkiesingskomitee wil graag al ons kandidate bedank vir hul harde werk in hierdie jaar se verkiesing. Dit is dan ook 'n voorreg om die resultate van die 2024 Verkiesing bekend te maak.

Die volgende kandidate (in alfabetiese volgorde) is amptelik verkies tot die Raad van Direkteure:

  • Erica Frank
  • Rachel Linton

Die Raadsoordrag begin formeel op 1 Oktober. Ons wens die nuwe lede van die Raad sterkte toe met hul termyn.

Hiermee kom die verkiesingseisoen dan tot 'n einde. Dankie aan almal wat betrokke geraak het deur nuus oor die verkiesing te versprei, aan die kandidate vrae te vra en natuurlik ook deur te stem! Ons sien uit daarna om u almal volgende jaar weer te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2024-08-16 02:20:11 UTC
Original:
2024 OTW Board Voting Now Open!
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Die verkiesing het geopen!

Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2023 en 30 Junie 2024 aangesluit het behoort teen die tyd 'n stembrief te hê. As u nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in u strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Neem asseblief kennis dat u donasie kwitansie in Amerikaanse Oostelike Tyd gedateer sal wees, so as u donasie na 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie aangedui is, sal u nie geregtig wees om te stem nie. As u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontak vorm op ons webtuiste te gebruik en "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap op datum/Is ek geregtig om te stem?") te selekteer.

Die verkiesing sal plaasvind tot 19 Augustus 2024, 23:59 UTC; sien hierdie tydsone omskakelaar om uit te vind hoe laat dit vir u sal wees.

Sodra u gestem het kan u aanbeweeg na Twitter/X en die hutsmerk #OTWE2024 gebruik om ander kiesers te ontmoet en met hulle te gesels. Ons sal graag van u wil hoor!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2024-07-29 17:45:40 UTC
Original:
OTW Members – Check Your Email for Voting Instructions
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Teen hierdie tyd moes alle stemgeregtigde lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) 'n e-pos ontvang het met 'n skakel na die steminstruksies vir 2024. Die onderwerp was "Voting Instructions for Organization for Transformative Works (OTW) Board Election" ("Steminstruksies vir die Verkiesing van die Organisasie vir Transformerende Werke (OTW) se Raad"). Let daarop dat enigiemand wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vanjaar nie op die kieserslys is nie en dus nie 'n stembrief sal ontvang nie.

Die e-pos oor stem-inligting bevat 'n skakel na 'n toetsweergawe van die stembrief. Volg asseblief die skakel om seker te maak dat die bladsy korrek vertoon en dat die kandidate sigbaar is. Indien nie, maak seker dat u nie JavaScript blok vanaf ajax.googleapis.com en/of bootstrapcdn.com nie.

As u 'n OTW-lid is en nie hierdie e-pos ontvang het nie, doen asseblief die volgende:

  1. Kyk na u strooipos.
    • As u Gmail gebruik, soek deur u Sosiale oortjie.
    • As die e-pos as strooipos gemerk is, ontmerk dit. Andersins sal u nie u stembrief ontvang nie aangesien dit ook by u strooipos sal opeindig.
  2. Indien daar nie 'n e-pos is nie, kyk na die datum op u skenkingskwitansie.
    • Om in hierdie verkiesing te stem moet u kwitansie tussen 1 Julie 2023 en 30 Junie 2024 gedateer wees, insluitende beide datums.
    • Indien u per tjek betaal het word u lidmaatskap uitgewerk volgens die aankomsdatum van die tjek. Let daarop dat u skenkingsbewys in Amerikaanse Oostelike Tyd gedateer word. Indien u donasie na 19:59 op 30 Junie 2024 gemerk word, sal u nie stemreg hê nie. As u nie seker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is nie, kontak ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?") te selekteer op die kontakvorm op ons webtuiste.
  3. Indien u donasie gedurende die geskikte tydperk gemaak is, maak seker dat u die vakkie gemerk het om lid te word. Lidmaatskap is vrywillig vir diegene wat minstens VS$10 skenk; slegs lede kan stem.
  4. Indien u wel lid geword het, maak seker dat u geen e-posse van die OTW af as strooipos gemerk het nie, en nie gekies het om nie OTW-e-posse—of laas jaar se stembrief— te ontvang nie. As u dit wel gedoen het en hierdie jaar wil stem, moet u stap 5 hieronder volg.
  5. Indien u gedurende die kwalifiserende periode minstens VS$10 geskenk het en u die vakkie gemerk het om 'n lid te word, moet u asseblief die Verkiesings-Kontakvorm voltooi en die onderwerp "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?") kies. Maak seker dat u dieselfde e-pos adres gebruik wat u gebruik het toe u u donasie gemaak het.
    • Lidmaatskap het geen verband met of mens 'n gebruiker van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) of Fanlore is nie. Moet asseblief nie u AO3- of Fanlore-gebruikersnaam gee nie. Ons sal nie weet aan wie daardie naam behoort nie, en ons wil ook nie weet nie.

Belangriker nog, as u e-pos met stem-inligting bons, as strooipos gemerk word, of as u aan die e-posse ontrek het, sal u nie 'n stembrief vir hierdie jaar se verkiesing ontvang nie en sal u dalk nie volgende jaar 'n stembrief kry nie. Net so, as een van hierdie dinge met verlede jaar se verkiesings e-pos gebeur het, sal u nie vanjaar 'n stembrief ontvang nie. As u dus vroeër aan OTW e-posse ontrek het of dit as strooipos gemerk het maar wil stem, voltooi die Verkiesings-Kontakvorm en kies die onderwerp "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?")


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2024-07-10 20:15:15 UTC
Original:
2024 Candidate Announcement
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Kandidate Aankondiging

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kondig graag die volgende kandidate vir die 2024 Verkiesing aan (in alfabetiese volgorde volgens voornaam):

  • C. Ryan S.
  • Erica F.
  • Rachel L.
  • Tish S.

Omdat ons 2 setels het om te vul en 4 kandidate het, sal die 2024 verkiesing bestry word – dit wil sê die lede van die OTW sal stem vir die kandidate wat die setels sal vul.

Die Verkiesingskomitee is opgewonde om die kandidate aan al die lede van OTW voor te stel! In hierdie berig is daar skakels na kort Biografieë en Platforms wat die kandidate geskryf het. Inligting oor die stemtydperk en hoe om te stem sal ook binnekort geplaas word.

Intussen is daar 'n tydlyn van verkiesingsgebeurtenisse hier beskikbaar vir u om na te verwys. Lees verder om meer te wete te kom oor ons kandidate en hoe u vrae vir hulle kan indien!

Platforms en Biografieë

Ons het elke kandidaat gevra om vir ons 'n biografie te gee wat hulle professionele en fannish ondervinding opsom. Hulle moes ook 'n Platform skryf oor hul doelwitte vir hul termyn op die Raad deur die volgende vrae te beantwoord:

  • Hoekom het u besluit om te staan vir verkiesing tot die Raad?
  • Watter vaardighede en/of ondervinding sal u na die Raad toe bring?
  • Kies een of twee doelwitte vir die OTW wat vir u belangrik is en waaraan u gedurende u termyn wil werk. Hoekom is hierdie doelwitte vir u van waarde? Hoe sal u saam met ander werk om die doelwitte te bereik?
  • Wat is u ervaring met die OTW se projekte en hoe sou u met die betrokke komitees saamwerk om hulle te ondersteun en te versterk? Probeer om 'n reeks projekte in te sluit, maar beklemtoon gerus die spesifieke projekte waarmee u ervaring het.
  • Hoe sou u u Raadswerk balanseer met ander rolle in die OTW, of hoe beplan u om u huidige rolle oor te gee om op Raadswerk te konsentreer?

U kan beide die kandidate se antwoorde op hierdie vrae en hulle biografieë lees deur die onderstaande skakels te volg.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2024-06-22 00:16:47 UTC
Original:
Become a Member of the OTW and Vote for the 2024 Elections!
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Dit is amper verkiesing tyd! Om ’n lid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) te wees beteken dat u kan stem vir OTW se Raad van Direkteure. Dit affekteer hoe projekte soos die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), Fanlore, en Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) nou en in die toekoms bestuur word. Hierdie jaar sal ons verkiesing vir die Raad van Direkteure vanaf 16 Augustus tot 19 Augustus gehou word. (Verkry toegang tot die volledige Verkiesingstydlyn vir 2024).

Om te stem, moet u ’n lid van die OTW wees teen middernag UTC op 30 Junie 2024 (Hoe laat is dit vir my?). Neem asseblief kennis dat u donasie kwitansie gedateer sal word volgens u tydsone, nie UTC nie. As u op 30 Junie 'n donasie maak, behoort daar 'n nota op u kwitansie te wees wat aandui in watter verkiesing u geregtig is om te stem.

Dit beteken dat u ’n donasie van VS$10 of meer tussen 1 Julie 2023 en 30 Junie 2024 moes gemaak het EN gekies het om ’n lid te word toe u geskenk het. Om ’n lid te word, moet u "Yes" (Ja) kies as die antwoord op die vraag "Do you want to be an OTW member? ($10 minimum donation)" (Wil u ’n OTW lid wees? (VS$10 minimum donasie)) op die skenkingsvorm. As u onseker is of dit geld vir ’n donsasie wat u gemaak het, tree asseblief met ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee in verbinding.

As u deelneem aan hierdie kiesersregistrasiewerwing, sal u ’n spesiaal-ontwerpte ikoon ontvang wat slegs tydens hierdie werwing beskikbaar is. Dankie vir u ondersteuning vir die OTW! Registreer om te stem en skenk vandag!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2024-05-05 16:12:14 UTC
Original:
2024 OTW Election Timeline and Membership Deadline
Tags:

OTW Verkiesingsnuus

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2024-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is!

Hierdie jaar se verkiesing sal op 16-19 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 21 Junie is.

Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien u belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat u lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Neem asseblief kennis dat u donasie se kwitansie volgens die Verenigde State se Oostelike Tyd gedateer sal word, so u sal nie stemgeregtig wees indien u donasie ná 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie gelys word nie. Indien u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik en "Is my lidmaatskap aktief/Is ek stemgeregtig?" te kies.

U kan uitvind hoe om 'n lid te word op die Verkiesings webtuiste. Indien u vertroud is met die proses, kan u hier 'n donasie maak!

Indien u meer wil weet oor die verkiesingsproses oor die algemeen, kan u na die Verkiesingsbeleide kyk.

Ons sien uit na 'n aktiewe verkiesingseisoen met heelwat kommunikasie tussen kandidate en stemgeregtiges, en ons hoop dat u deel sal wees hiervan. Moenie vergeet om die Verkiesingskomitee op Twitter/X te volg om op datum te bly met die jongste nuus nie!

Indien u enige vrae of kommentaar het, moenie huiwer om die Verkiesingskomitee te kontak nie.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2023-09-02 01:34:04 UTC
Original:
Adding Works to Open Doors Collections
Tags:

Kollig op Oop Deure banier

Een van die hooftake van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Open Doors (Oop Deure) projek is om fanwerk-argiewe wat in gevaar is na die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) in te voer.

As deel van daardie taak soek Oop Deure na werke wat reeds op AO3 geplaas is om die invoer van duplikate te vermy. Tot nou toe sou die argivarisrekening die werk wat gevind word na die argief se versameling nooi en die werk boekmerk as die uitnodiging nie aanvaar is nie.

Na aanleiding van onlangse veranderinge aan die versameling-uitnodigingsproses, het argivarisse nou die vermoë om 'n werk wat klaar op die AO3 is outomaties by die argief se versameling op AO3 te voeg.

Dit sal slegs van toepassing wees op werke wat oorspronklik op 'n ingevoerde argief gehuisves was, en is beperk tot die argief se versameling. Skeppers sal 'n e-poskennisgewing ontvang wanneer 'n werk bygevoeg word en kan hul werke enige tyd uit versamelings verwyder as hulle sou wou.

Ons probeer om skeppers gedurende elke argief-invoerproses te vra wat hulle voorkeur is. Indien u egter sal verkies dat geen van u werk na AO3 ingevoer word nie, kontak gerus die Oop Deure komitee.

As u verdere vrae het, besoek asseblief dieOop Deure Algemene Vrae of tree in verbinding met die Oop Deure komitee.

Ons sien uit daarna om te help om meer fanwerke wat in gevaar is, te bewaar!

- Die Oop Deure span

Kommentaar op hierdie nuusberig sal oor 14 dae gedeaktiveer word. Indien u na daardie datum enige vrae, bekommernisse of opmerkings rakende hierdie aangeleentheid het, kontak asseblief vir Oop Deure.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment


Pages Navigation