AO3 News

Post Header

Published:
2023-02-12 17:14:51 UTC
Original:
International Fanworks Day Feedback Fest 2023
Tags:

Terugvoerfees

Welkom by 2023 se Internasionale Fanwerkdag Terugvoerfees!

Met meer as 200 000 werke op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) en ontelbare geleenthede om kreatief te raak met ons gunsteling karakters en hul omgewing, is Oorkruisings en Fandom Samesmeltings sommige van die AO3 se mees gewilde tropes. Ons het in Januarie aangekondig dat die tema van vanjaar se Internasionale Fanwerkdag Wanneer Fanwerke Bots is, en ons het u genooi om aanbevelingslyste van u gunsteling oorkruisings en fandom samesmeltings voor te berei. Vandag is ons opgewonde om te sien waarmee u vorendag gekom het!

Om deel te neem, lewer komentaar hieronder en deel met almal hoekom u daardie spesifieke oorkruisings en fandom samesmeltings aanbeveel het. Het hul oorspronklikheid u beïndruk? Het hulle u aan kreatiewe nuwe ships uit oorkruisende fandoms voorgestel? Of het hulle u geleer om u gunsteling karakters in ’n heel nuwe lig te sien?

Wanneer u kommentaar laat, moenie vergeet om skakels na u aanbevelings te los nie! As u verkies, kan u ook na ’n aanbeveling-bloginskrywing wat u op sosiale media gemaak het skakel, met die hutsmerk #IFD2023 of #IFDChallenge2023.

Natuurlik gaan Internasionale Fanwerkdag nie net oor die viering van fanwerke nie: dit gaan ook oor die viering van hul skeppers! As u u waardering aan hulle wil wys, kan u kudos, boekmerke of kommentaar laat op die fanwerke wat u deel—of op enige nuwe gunstelinge wat u uit ander se aanbevelings ontdek.

Geniet die aanbevelings proses!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2023-02-10 17:02:03 UTC
Original:
What We're Doing for #IFD2023
Tags:

Internasionale Fanwerkdag

Die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag kom vinnig nader, en die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) het ’n aantal aktiwiteite wat voorlê om dit te vier! Kyk na die lys hieronder om uit te vind wat ons gaan doen en hoe u betrokke kan raak.

1. Fanwerk Uitdaging

Verlede maand het ons u uitgenooi om deel te neem aan ons fanwerkuitdaging met die tema Wanneer Fandoms Bots deur oorkruisings en fandom samemeltings te skep. U kan deelneem deur fik, kuns, fanvids, headcanons en meer te skep

Merk u werke met die #IFD2023 of #IFDChallenge2023 hutsmerk op sosiale media, of gebruik die Internationale Fanwerkdag 2023 etiket op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie). Ons sien uit om te sien wat u uitdink!

2. Terugvoerfees

Is daar ’n oorkruising of fandom samesmelting deur u gunsteling AO3 skepper waaroor u mal is? Deel dit op sosiale media met die hutsmerk #IFD2023 of #IFDChallenge2023! Op 12 Februarie sal ons ook ’n berig plaas waar u aanbevelings kan maak aan u mede-fans, alles op een plek.

3. Fanlore Uitdaging

Die feesvieringe is nie beperk tot AO3 nie: Fanlore, die OTW se fannish geskiedenis en kultuur wiki, vier ook fees! Die uitdaging vind 13–19 Februarie plaas en behels ’n daaglikse redigeringsuitdaging. Om deel te neem, verwys na die IFD 2023 Fanlore Uitdaging bladsy vir meer inligting.

4. Speletjies en Fan Chat (in Engels)

Tussen 21:00 UTC op 14 Februarie (hoe laat is dit vir my?) and 3:00 UTC op 16 Februarie (hoe laat is dit vir my?), sal Engelssprekende OTW vrywilligers fannish speletjies in ’n chat kamer aanbied op die OTW se amptelike Discord-bediener. Ons gaan Algemene Kennis Vasvra, 20 Vrae, Lirieke Rondomtalie en vele meer speel!

Ons sal op 14 Februarie ’n skakel na die bediener en ’n volledige skedule van aktiwiteite plaas.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2023-02-06 00:51:02 UTC
Original:
Introducing the ability to mute users
Tags:

In ons voortdurende pogings om u meer hulpmiddels te gee waarmee u u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ervaring kan kureer, stel ons 'n nuwe koppelvlak in werking wat u toelaat om inhoud deur spesifieke gebruikers weg te steek.

Blok- en Demfunksies: 'n Opknappingskursus

Ons sal twee stelle funksies implementeer om gebruikers te help om hul eie ervarings saam te stel en wat sal dien as 'n laag beskerming teen teistering, sonder om dit moeiliker te maak vir mense om inhoud op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te skep en daarop te reageer:

  • Blokfunksie, wat sekere gebruikers sal verhoed om met u te kommunikeer.
  • Dempfunskie, wat inhoud deur sekere gebruikers by u persoonlike AO3 ervaring sal uitsluit.

Omdat dit 'n massiewe onderneming sou wees om hierdie konsepte gelyktydig toe te pas op al die AO3 se talle en dikwels gekoppelde funksies, volg ons 'n trapsgewyse benadering wat u sal toelaat om gebruikers in sommige plekke te blok en te demp terwyl ons elders werk.

U het reeds die vermoë om spesifieke gebruikers te blok sodat hulle nie kommentaar op u werke kan lewer of op u kommentaar kan antwoord nie; nou sal u ook die vermoë hê om gebruikers se werke, boekmerke en kommentaar weg te steek.

Wat doen die dempfunksie?

Hoewel ons beplan om die funksionaliteit in toekomstige opdaterings uit te brei, sal u tans die volgende wegsteek as u 'n gebruiker demp:

  • werke wat hulle geskep het (of die mede-skepper van is) in soek resultate en etiket-lyste (u kan steeds toegang tot die werke verkry as u 'n direkte skakel het)
  • boekmerke wat hulle geskep het
  • ander gebruikers se boekmerke van hulle werke of reekse
  • kommentaar wat hulle gelos het

Ons gaan dit doen deur outomaties 'n stuk CSS te genereer wat die relevante inhoud uit u sig sal verwyder. Dit sal die inhoud ook wegsteek van bystandstegnologie soos skermlesers. Terwyl u dit reeds met 'n voorkomsvel kon doen, vra hierdie nuwe funksie net vir 'n gebruikersnaam en doen die res self.

Aangesien dit alles met voorskomsvelle gedoen word, mag syfers bo-aan soekresultate of in etiket-filters (wat deur ons soekenjin verskaf word) verskil van die aantal werke wat aan u voorgelê word. Ons vervang ook nie inhoud van gedempte gebruikers met leë ruimte, plekhouer teks, of enige ander teken dat iets weggesteek is nie.

Die paneelbord van 'n gebruiker wie u gedemp het sal geen inhoud onder die Recent works (Onlangse werke), Recent series (Onlangse reekse) en Recent bookmarks (Onlangse boekmerke) opskrifte wys nie.

Hoe demp ek gebruikers?

'n "Mute" (Demp)-knoppie sal by die gebruiker- en skuilnaam-paneelborde, sowel as gebruikerprofiele, gevoeg word. Dit sal verander in 'n "Unmute" (Ontdemp)-knoppie wanneer dit geaktiveer word, sodat u maklik u keuse kan omkeer.

Die Demp-knoppie sal saam met die Subscribe (Skryf in) en Block (Blok)-knoppies onder die gebruikersnaam op 'n paneelbord-bladsy verskyn.

Ons verskaf ook 'n koppelvlak om u gedempte gebruikers te bestuur: die Muted Users (Gedempte Gebruikers) bladsy. Dit laat u toe om gebruikers by u lys te voeg en te verwyder. 'n Gedempte gebruiker sal gedemp bly selfs al verander hulle hul naam.

Die Gedempte Gebruikers bladsy beskryf wat die dempfunskie doen en laat u toe om bykomende gebruikers te demp deur gebruik te maak van 'n klein vorm. Dit lys ook gebruikers wie u gedemp het en gee 'n opsie om hulle te ontdemp.

Vanaf hierdie bladsy kan u ook maklik toegang kry tot u lys van geblokte gebruikers om hulle apart te bestuur.

Ander opsies

Behalwe vir ons blok- en dempfunksies, is daar 'n verskeidenheid bestaande maniere om u AO3 ervaring te beheer, insluitend ingeboude voorkeure en derdeparty hulpmiddels. U kan ook 'n voorkomsvel gebruik om spesifieke werke, boekmerke, of reekse te demp.

Comment

Post Header

Published:
2023-01-15 18:06:10 UTC
Original:
International Fanworks Day 2023 Is Coming Soon
Tags:

Internasionale Fanwerkdag

Teken die datum aan: dit is amper Internasionale Fanwerkdag!

Internasionale Fanwerkdag word gevier op 15 Februarie en is geskep deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) in 2014 ter ere van die miljoenste fanwerk wat op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gepubliseer is. Dit is ’n erkenning van fanwerke in al hulle forme—fiks, kuns, fanvids, fantydskrifte, en meer—en hoe indrukwekkend en belangrik hulle is vir fans regoor die wêreld.

Hierdie jaar sal die OTW die negende jaarlikse Internasionale Fanwerkdag vier. Ons tema vir die jaar is “Wanneer Fandoms Bots”. Het u al ooit gewonder wat sou gebeur as Sam en Dean Winchester koppe stamp met L van Death Note tydens hul speurwerk? Of as Katsuki Yuuri en Viktor Nikiforov in ’n Our Flag Means Death-styl seerower alternatiewe heelal was? Dit is nou u geleentheid om u wildste fandom oorkruisings te skryf, teken of filk!

U kan deelneem hoe u ook al wil, maar hier is ’n paar voorstelle:

  • Skep aanbeveling-lyste van u gunsteling oorkruisings wat u kan deel as deel van ons Terugvoerfees wat 12 Februarie begin
  • Plaas u eie oorkruising fanwerke op AO3 met ons Internasionale Fanwerkdag 2023 etiket
  • Deel oorkruising headcanons op sosiale media met die hutsmerk #IFD2023 of #IFDChallenge2023

Volg OTW nuus op sosiale media om binne ’n paar weke uit te vind wat ons doen om Internasionale Fanwerkdag 2023 te vier. As u of u fandom gemeenskappe u eie aktiwiteite beplan, laat ons weet sodat ons die boodskap kan help versprei!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Kollig op die Ondersteuningskomitee

Soos ons voortgaan om te werk aan beter balans van verantwoordelikhede tussen ons Ondersteuning- en Beleidsmisbruik-komitees, verskuif ons twee verdere soorte sake van Beleidsmisbruik na Ondersteuning se mandaat:

Fannish Naasbestaandes

Dit is 'n opsie wat ons bied wat 'n aangewese persoon toelaat om u rekening te bestuur as u sterf of onbevoeg raak. U kan meer leer oor die Fannish Naasbestaandes-program in ons Diensvoorwaardes Algemene Vrae. Neem asseblief kennis dat, as u 'n Fannish Naasbestaande-versoek het wat tans verwerk word, ons Beleidsmisbruik-span die versoeke wat hulle reeds ontvang het sal voltooi.

As u in die toekoms 'n Fannish naasbestaande wil aanwys, of een wat tans in plek is wil verander of aktiveer, kontak asseblief die Ondersteuningskomitee.

Duplikaat werke

Soms gaan iets verkeerd en 'n werk kan dan veelvuldige kere geplaas word. Dit kan aan ons Ondersteuning-span gerapporteer word, wat presiese duplikate sal ondersoek en verwyder. Let wel dat werke wat verskillende inhoud bevat (soos 'n werk wat 'n geredigeerde of hergeskrewe weergawe van 'n ander werk is) nie as presiese duplikate beskou sal word nie.

As u werke wil rapporteer wat presiese duplikate van mekaar is, sluit asseblief die skakels na al die betrokke werke in u verslag aan ons Ondersteuningskomitee in. Ons hoop dat hierdie veranderinge sal help deur ons Beleidsmisbruik-spanlede toe te laat om meer van hulle tyd en energie aan ander kwessies te wy.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oope Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasi-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Comment

Post Header

Published:
2022-12-10 15:59:47 UTC
Original:
November 2022 Newsletter, Volume 173
Tags:

Nuusbrief

I. OOP DEURE INVOERE

In November het Open Doors (Oop Deure) die invoer van By Your Command, ’n Battlestar Galactica argief, en The Pony Fiction Archive, ’n My Little Pony: Friendship is Magic fanfiksie argief voltooi. Dit het ook die komende invoer van Slashknot, ’n Slipknot (musiekgroep) LiveJournal gemeenskap, en The LeBeau Library, ’n X-Men fanfiksie argief aangekondig. Bly ingeskakel aan die begin van 2023 vir ’n opsomming van al die invoere wat Oop Deure gedurende die afgelope kalenderjaar voltooi het!

II. BY DIE ARCHIVE OF OUR OWN – AO3 (ARGIEF VAN ONS EIE)

Die Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Komitee het vrystellingsnotas geplaas oor vier ontplooiinge wat van Augustus to November plaasgevind het. Die notas detailleer hoe ’n indrukwekkende 55 probleme opgelos is. Intussen het die Ondersteuningkomitee daaraan gewerk om sy interne dokumentasie en prosedures te hersien, terwyl die Beleidsmisbruik-komitee (wat meer as 1,400 kaartjies in November ontvang het, ’n effense verhoging teenoor Oktober) begin oorskuif het na die gebruik van verskeie nuwe hulpmiddels.

In Oktober het etiket organiseerders meer as 440 000 etikette oor meer as 53 000 fandoms hanteer—ongeveer 950 etikette per organiseerder.

III. ELDERS BY DIE OTW (ORGANISASIE VIR TRANSFORMERENDE WERKE)

November was ’n besige maand vir die Kommunikasie komitee, wie die 2021 Jaarverslag gepubliseer het, en begin het om alternatiewe opsies tot Pinboard te ondersoek wat gebruik kan word om OTW nuusberigte te boekmerk. Die Kommunikasie komitee het ook ’n berig geplaas wat gebruikers herinner om bewis te wees van amptelike teenoor nie-amptelike OTW sosiale media rekeninge, veral aan die hand van die onlangse kwessies met Twiter.

Die Finansiekomitee het die OTW se 2021 belastingopgawe ingedien en het begin om die laaste besonderhede van die 2021 ouditverslag, wat binnerkort uitgereik gaan word, te voltooi. Beide sal op die OTW webtuiste gelaai word wanneer alles gefinaliseer is!

Die Sisteemkomitee het aanhou werk aan hardeware probleme (die bedieners is onlangs redelik behoeftig gewees, maar ons is steeds lief vir hulle), SQL-verwante veranderinge en inter-komitee werk met Fanlore en andere.

Om vir alle OTW vrywilligers wie hul rolle wil verlaat ’n maklike manier te gee om uit te tree voor die volgende kalender jaar, onderneem die Vrywilligers en Werwingskomitee ’n jaarlikse "Steeds Bereid om te Dien" opname. Hulle het dit vir ’n aantal komitees gehou en het ook saam gewerk met komitees wie hul eie gehou het, soos die Etiket Organisasie Komitee en die Vertalingskomitee. Die Vrywilligers en Werwingskomitee het ook aanhou werk daaraan om verskeie nuwe hulpmiddels te implementeer wat oor verskeie komitees gebruik kan word.

IV. DIT GAAN ALLES OOR ONS MENSE

Van 23 Oktober tot 25 November het die Vrywilligers en Werwingskomitee 241 nuwe versoeke ontvang en 268 voltooi, wat ons met 32 oop versoeke laat (insluitende induksie en verwydering take wat hieronder gelys word).

Op 25 November 2022 het die OTW 945 vrywilligers gehad. \o/ Onlangse personeel beweging word hieronder gelys.

Nuwe AO3 Dokumentasie Vrywilligers: Jacks, Michelle Artbear, Polynya, Synnie, 2 ander Redakteure
Nuwe Oop Deure Vrywilligers: Alecto Gaia & 2 ander Invoer Assistente
Nuwe Etiket Organiseerder Vrywilligers: Aceto_Shiobana, Alix, Allíster, Amanda Triplett, Anisha, Art, Bagel, Cabbage, Calico, CCocito, Charls, copacet, Cthulu, Derpinaz, Divia, ElleC, ginkgofan, Glitch, hematophage, hheyhalley, itsoverfeeling, Ity, Itze, Lixia, Luhba, Lyf, LyzS, Maven Morozov, Miru, Nandor, Nataliya, Noelia, Novae, Rook, Sanctuaria, Selly, Sijing, Slumber, Spri, Suji, Synth, Tay’haai, Toriceratops, Vyslanté, Zero, Ziskandra en 1 ander
Nuwe Vertaling Vrywilligers: J_Choi, Kristina Lihan, Sheherezade
Nuwe TWC Vrywilligers: 1 Teksredakteur
Nuwe Vrywilligers en Werwing Vrywilligers: Natalia Gruber (Hulpmiddel Implentasie Leier)

Uitgaande Direkteure: Jess White
Uitgaande Komitee Voorsitters: VSSAKJ (Etiket Organisasie), Matty (Beleidsmisbruik), Lady Oscar (Gehalteversekering en Beproewing Leier)
Uitgaande Toeganklikheid, Ontwerp en Tegnologie Vrywilligers: 1 Senior Kodering Vrywilliger, 1 Gehalteversekering en Beproewing Vrywilliger
Uitgaande Kommunikasie Vrywilligers: Jess White (Leerling Voorsitter en Okkasie-koördineerder Vrywilliger), 1 Grafika Vrywilliger, 1 Fanhackers Vrywilliger, 1 Webwerf Modereerder
Uitgaande Verkiesings Vrywilligers: 1 Spankoördineerder, 4 Kommunikasie Spesialiste, 1 Skakelspesialis
Uitgaande Fanlore Vrywilligers: Kairen (Beleid & Administrasie), 1 Beleid & Administrasie, 2 Grafiese Ontwerpers
Uitgaande Oop Deure Vrywilligers: eliotjay (Administrasie Vrywilliger), 1 Invoer Assistent
Uitgaande Beleidsmisbruik Vrywilligers: Azarias & 1 ander
Uitgaande Ondersteuning Vrywilligers: Belen & 6 ander
Uitgaande Sisteem Vrywilligers: 1 Vrywilliger
Uitgaande Etiket Organiseerder Vrywilligers: Giles, Jody, serkestic & 11 ander
Uitgaande Vertaling Vrywilligers: Dan L, Mallorn, Mohini, Prerna A. Popat, Rhea, Sammi Lee, Shivani Kadam, Sofia, & 6 ander
Uitgaande TWC Vrywilligers: Katherine E. Morrissey (Hersieningsredakteur), Louisa Stein (Hersieningsredakteur)
Uitgaande Vrywilligers en Werwing Vrywilligers: 1 Vrywilliger
Uitgaande Web Vrywilligers: 1 Vrywilliger

Vir meer inligting oor die omvang van ons komitees, verwys asseblief na die komiteelys op ons webwerf.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2022-10-17 00:14:30 UTC
Original:
October 2022 Membership Drive: Thanks for your Support
Tags:

Organisasie vir Transformerende Werke Lidmaatskapwerwing, 14-16 Oktober 2022

Ons Oktober Lidmaatskapwerwing het tot 'n einde gekom en ons is uiters dankbaar vir u vrygewigheid. Ons is bly om aan te kondig dat, danksy 7 683 skenkers in 78 lande, ons 'n totaal van VS$276 467,69 ingesamel het! Ons is veral bly dat 6 147 van u gekies het om u OTW (Organisasie vir Transformerende Werke)-lidmaatskap te begin of te hernu met u donasie.

Alhoewel die lidmaatskapwerwing vir eers geëindig het, aanvaar ons regdeur die jaar donasies. U kan enige tyd van die jaar 'n stemgeregtigde lid word—u moet net teen 30 June om 23:59 UTC aansluit om in Augustus in ons jaarlikse raadsverkiesings te stem vir die OTW Raad van Direkteure.

Terwyl ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee hard aan die werk is om u bedankingsgeskenke te pos, wil ons 'n oomblik neem om dankie te sê. Ons sou nie hier wees sonder u ondersteuning in sy talle vorme nie: u finansiële bydraes, Fanlore-artikels, Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) aanhalings, kommentaar en kudos op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), en fanwerke beide oud en nuut. Dit beteken die wêreld vir ons en ons is ongelooflik dankbaar! Baie dankie vir u deelname aan hierdie werwing, en dat u die OTW gemaak het wat dit vandag is.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2022-10-13 23:59:06 UTC
Original:
October 2022 Membership Drive: Celebrating our Milestones
Tags:

Organisasie vir Transformerende Werke Lidmaatskapwerwing, 14-16 Oktober 2022

Dit is weer daardie tyd van die jaar: die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) hou ons Oktober Lidmaatskapwerwing, en ons sal u ondersteuning waardeer! Die OTW en al ons projekte word 100% deur vrywilligers bestuur en befonds deur u donasies. Elke sent wat ingesamel word, word gebruik om ons bedieners te onderhou, ons werk te ondersteun en ons missie te bevorder om fanwerke te beskerm en te verdedig. Gaan kyk na ons mees onlangse begrotingsberig vir meer inligting oor hoe ons fondse spandeer word.

Behalwe om ons werk te ondersteun, laat donasies bo 'n sekere bedrag u ook toe om oulike OTW bedankingsgeskenke te ontvang! U kan die volle reeks beskikbare geskenke vind op ons donasie bladsy, maar ons sal 'n paar hoogtepunte hier uitlig.

  • The Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) is nou dertien jaar oud — oud genoeg om sy eie rekening op AO3 te kry! Om dit te vier het ons nuwe 13de Herdenking spelde beskikbaar.
  • U mag dalk ook laas maand ons vieringe opgemerk het toe die OTW as 'n geheel 15 geword het. Ons het ook 15de Herdenking magnete om hierdie geleentheid te vier! Hulle word saamgebondel met plakkers wat beide herdenkings vier. Al die herdenkingsitems is beperkte uitgawes, so as u hou van hoe hulle lyk, maak seker om hulle te kry terwyl hulle hier is!
  • Ons wil ook die fandom konsep speelkaarte noem, wat in April hulle debuut gemaak het en baie gewild is onder ons skenkers. Elke kaart bevat unieke woordkuns wat die soort fannish terme en konsepte (of 'tropes') uitbeeld wat in AO3 etikette gevind kan word. Hierdie item is steeds beskikbaar vir diegene wat VS$100 of meer skenk.

As u belangstel in die bedankingsgeskenke maar nie 'n donasie van hierdie grootte op een slag kan maak nie, moenie bekommerd wees nie! Ons het 'n plan vir u. U kan 'n herhalende donasie vir 'n kleiner bedrag opstel en die vorm in u donasie kwitansie invul om ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee te laat weet vir watter geskenk u spaar. Hulle sal dit opsy sit en dit vir u stuur sodra u kumulatiewe totaal die bedrag bereik wat nodig is vir u geskenk.

Die ander vername voordeel van skenk aan die OTW is dat enige donasie van VS$10 of meer u geregtig maak om te stem in volgende jaar se verkiesing vir die Raad van Direkteure wat toesig hou oor die OTW se aktiwiteite. U kan meer lees oor ons verkiesingsproses op die OTW-verkiesings webtuiste. As u in die volgende verkiesing in Augustus 2023 wil stem, kan u vandag 'n lidmaat word deur 'n enkele donasie van VS$10 of meer te maak en "become a member" (word 'n lidmaat) te kies op die donasievorm. Lidmaatskap sal vir een kalenderjaar geld vanaf die datum van u kwalifiserende donasie.

As u nie hierdie keer aan die OTW kan skenk nie, is dit heeltemal reg! En as u 'n oomblik het, sal ons u hulp waardeer om die nuus van hierdie lidmaatskapwerwing met ander mense te deel. Soos altyd is ons so dankbaar vir alles wat u doen om die OTW en sy vele projekte te ondersteun. Dankie dat u deel is van ons gemeenskap!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment


Pages Navigation