AO3 News

Post Header

Published:
2021-01-15 17:04:50 UTC
Original:
International Fanworks Day 2021 is Coming Soon
Tags:

Internasionale Dag van Fanwerke

Dit is amper weer daardie tyd: die Internasionale Dag van Fanwerke (of "IFD", vanaf die Engelse akroniem) is spoedig op pad! Dit word jaarliks op 15 Februarie gevier en ons het dié jaar baie planne – ons hoop u sal saam met ons kom feesvier!

Wat is die Internasionale Dag van Fanwerke?

Die Internasionale Dag van Fanwerke is in 2014 deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) begin en is in 2015 vir die eerste keer gevier. Dit is 'n vieringsdag vir alle vorme van fanwerke van regoor die wêreld in hul oneindige diversiteit en ongelooflike kreatiwiteit. Of dit nou fanfiksie, podfik, animasie, fanvids, potgooi, fankuns of enigiets anders is waaraan u kan dink, wil ons hierdie geleentheid gebruik om tyd met skeppers en fans deur te bring.

Fanwerke Uitdaging: deel u gunsteling minder-bekende fandoms en fanwerke met ander fans!

Siende dat die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) onlangs 40 000 fandoms oorskry het, wil ons nou dinge wat minder bekend is vier – of dit nou 'n mikrofandom waarby u dink meer mense moet aansluit, 'n werk of fandom wat meer bekendstelling verdien of 'n werk in 'n groot fandom wat u voel misgekyk word, is! Van nou af tot op #IFD2021 wil ons u uitnooi om u gunsteling minder-bekende werke of fandoms met ons op sosiale media te deel met behulp van die #IFDChallenge2021 hashtag (hutsteken). Ons sal dan van ons gunsteling keuses op ons sosiale media kanale van 8 tot 15 Februarie deel.

Ons sal ook graag wil sien dat skeppers klein fandoms, agtergrond-karakters, minder-bekende parings, ensovoorts, uitsoek om werke vir hulle te skep! Van nou af tot 15 Februarie daag ons skeppers uit om 'n kleiner fandom, paring, karakter, ensovoorts te vind wat vir hulle onbekend is, en 'n fanwerk daarvoor te skep. Gebruik die etiket "International Fanworks Day 2021" sodat ons almal die nuwe werke kan geniet!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2020-12-20 12:42:21 UTC
Original:
On Archive of Our Own Mobile Apps
Tags:

</p>
<p>Banier deur Diane met die buitelyne van ’n man en vrou wat met mekaar praat met behulp van spraakborrels, waarvan een die OTW embleem bevat en die ander die woorde ‘OTW Aankondiging’.

’n Nie-amptelike Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) Android toepassing is onlangs vrygestel op die Google Play platform. Omdat hierdie bekendstelling die onderwerp weer in die kollig geplaas het, wil ons van die geleentheid gebruik maak om die huidige stand van die amptelike AO3 toepassing se ontwikkeling te deel.

"Het julle al daaran gedink om ’n toepassing te maak?" is een van ons mees algemene vrae, maar in mobiele toepassing onkwikkeling is daar nie eintlik so ’n ding soos "’n" toepassing nie. Toepassings moet vir verskillende platforms gebou word — Android, iOS, en Windows Mobile is die top drie — en vir die verskeie weergawes van die platforms wat nog gebruik word.

Nog voordat ons ’n toepassing kan begin ontwikkel wat u sal toelaat om meer te doen as om net deur onbeperkte werke te blaai, moet ons eers ’n openbare API ontwikkel. Dit is beslis op ons padkaart, maar nog verskeie vrystellings weg. Daarna sal ons verskillende responsiewe gebruikers-koppelvlakke moet bou vir beide foon en tablet. Wat lyk soos ’n klein, eenvoudige projek, verander vinnig in iets wat baie toegeweide hulpbronne en diverse vaardighede benodig. Alhoewel ons in die verlede gesê het dat ons ’n mobiele AO3 toepassing wil vrystel, is die nodige hulpbronne bloot nie beskikbaar nie.

Die kodeerders wat help met die ontwikkelling van AO3 doen dit op ’n vrywillige basis, en gee soveel tyd as moontlik om die groei en ontwikkeling daarvan te ondersteun — maar daardie tyd is beperk, en word opgeneem deur die instandhouding van die AO3. Die span moet of hulle tyd toespits om die AO3 te verbeter, of ’n toepassing ontwikkel — daar is eenvoudig nie genoeg vrywilligers om albei te ondersteun nie.

Dit is nie net die aanvanklike ontwikkeling wat hulpbron-intensief sou wees nie. ’n Toepassing sal gedurig onderhou en bygewerk moet word om te verseker dat dit aanhou werk soos wat nuwe weergawes van elke platform vrygestel word—boonop moet dit gedurig verbeter en ontwikkel word om die nuutse AO3 funksies in te sluit. Daarby verg ’n toepassing langtermyn onderhoud deur ’n toegewyde span, en ons kan nie staatmaak op donasies om dit te bevonds nie.

Maar koderings- en toetshulpbronne is net die begin van wat nodig sal wees om ’n toepassing te ondersteun! Ondersteuning sal ook benodig word van die volgende spanne:

  • Ons Ondersteuningkomitee sal aangestel, opgelei, en toegerus moet word om te help met enige tegniese probleme op elke platform,
  • Ons Dokumentasie-komitee sal ondersteunings dokumentasie vir die toepassing moet opstel en dit voortdurend opdateer, en
  • Die Vertalingskomitee sal die dokumentasie moet vertaal en voortdurend opdateer om die toepassing toeganklik te maak vir nie-Engelssprekendes.

Nie net sal dit meer hulpbronne neem as wat ons tans beskikbaar het nie, dit sal ook spanlede wegneem wat aan die vervulling van ons padkaart werk.

Ons span se doelwit is om AO3 beskikbaar en toeganklik te maak vir soveel mense as moontlik. Die beste manier waardeur ons dit kan doen is om al ons aandag en fokus te plaas om ’n enkele, responsiewe weergawe van die AO3 te bou wat werk (en wat goed werk!) op soveel toestelle as moontlik. Ons is toegewy daaraan om te verseker dat dit alle toestelle insluit, en ons sal aanhou om ons hulpbronne te rig om die webwerf se mobiele responsiewiteit en bruikbaarheid vir almal te verbeter. Dit beteken dat ’n losstande toepassing net nie moontlik is op hierdie stadium van die AO3 se ontwikkeling nie.

Om af te sluit met ’n sekuriteitsboodskap, as ’n derde-party toepassing of webwerf vra vir u AO3 intekeningsinligting, wees uiters versigtig en wees bewus daarvan dat u hierdie inligting op u eie risiko uitgee.

Alhoewel daar op die oomblik geen kommer is oor sekuriteit nie, kan u u wagwoord verander as u ooit dink dat u rekening se intekeningsinligting bekend gemaak is.

Comment

Post Header

Published:
2020-12-15 17:07:00 UTC
Original:
Yahoo! Groups In Memoriam
Tags:

Yahoo-Geddon Projek Banier

Beeldtoeskrywing: Die Alexandrië Vuur, houtsnee deur Hermann Göll, 1876, saamestelling deur die Yahoo-Geddon Projek Span.

Yahoo! Groups is vandag gesluit na 20 jaar se diens aan fannish- en ander internetgemeenskappe. Die besluit is vroeër vanjaar, op 14 Oktober, deur Verizon aangekondig.

Yahoo! Groups was 'n besprekingsbord en eposlys samesmelting wat vinnig 'n middelpunt vir fannish aktiwiteite geword het nadat dit in 1999 bekend gestel is. Yahoo! Groups en soortgelyke dienste het fans toegelaat om hul fandom ervarings na maat aan te pas en te beheer, iets wat op daardie stadium nie van te hore was nie. Fannish Groups (Groepe) het in bestek gewissel van genre tot fandom, ship/skip of individuele karakters.

Alhoewel Yahoo! Groups geweldig gewild was in sy gloeityd in die 2000s het dit mettertyd gebruikers begin verloor. Yahoo het minder onderhoud begin doen, en baie funksionaliteit het verlore gegaan. U sal dalk onthou dat Verizon op 16 Oktober 2019 aangekondig het dat alle geargiveerde boodskappe en lêers teen 14 Desember 2019 van Yahoo! Groups sou verwyder word. Dit sou gedoen word sonder om rekords van boodskappe en lêers wat op die lyste gepos was te hou en Yahoo! Groups sou na dit slegs as poslyste bestaan.

Met so min tyd om byna 20 jaar se plasings, beelde en ander onvervangbare inhoud te red het fans, bewaringsdeskundiges en modereerders vinnig aan die werk gespring. Die Argief span het leiding geneem van bewarings pogings vir die Internet Archive (Internet Argief). 'n Handjie vol vrywillegers het kode geskryf om inhoud af te laai en 10-talle meer het by duisende groepe aangesluit om hul inhoud te red. Terselfdetyd het die fandom gemeenskap die Yahoo-Geddon projek gestig en, met behulp van 200 vrywilligers, het hulle begin om fandomgroepe te argiveer met behulp van instrumente wat deur die Argiefspan en PG Offline geskep is. Hulle het ook 'n sentrale Discord en Tumblr geskep om met mekaar te kommunikeer. Saam met ander bewarings spanne, soos die Yahoo Groups Crusade, het hulle inligting versprei, na joernaliste uitgereik en vir vrywilligers gevra om beide die Argiefspan en Yahoo-Geddon se bewarings pogings te ondersteun. Intussen het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se Open Doors (Oop Deure) komitee die Yahoo Groups Rescue Project geskep om die nuus te versprei en om modereerders wat hulp nodig gehad het om hul groepe op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te argiveer te help. Hulle het ook 'n Ope Brief aan Verizon geskryf om uitstel te vra vir die verwydering van inhoud.

Die spoed waarmee die fandomgemeenskap saamgespan het, en hul groot getalle vrywilligers, het 'n sekondêre voordeel gehad: hulle kon die Argiefspan se fokus op die behoud van openbare fandom-Yahoo-groepe op 'n manier rig wat baie ander gemeenskappe nie in staat was om te doen nie. Sodoende het hulle 'n groter verteenwoordiging vir die gemeenskap verseker. Op hul beurt het Yahoo-Geddon-vrywilligers die breër bewaringspogings van die Argiefspan ondersteun en hulle gehelp om kookgroepe, genealogiese-groepe, nie-Engelse taalgroepe en nog vele meer te behou.

Hierdie pogings was nie tevergeefs nie: Verizon het die sperdatum verleng tot 31 Januarie 2020; die Argiefspan kon meer as 1 miljoen groepe bewaar; die Yahoo-Geddon-span het ongeveer 300 000 groepe met fandom-temas gered; honderde of duisende meer is gered deur gebruikers of modereerders wat deur die kollektiewe uitreik-aksies gewaarsku is; en verskeie van hierdie groepe sal hul fannish inhoud by die AO3 voeg as Oop Deure projekte! Dit word egter oorskadu deur die meer as 10 miljoen geskatte groepe wat verlore gegaan het – gelykstaande aan die geskatte 90% van films wat voor 1929 gemaak is wat vir ewig verlore is omdat niemand gedink het dit die moeite werd was om te bewaar nie.

Digitale bewaring neem tyd en geld, en die groot maatskappye wat tans soveel van ons data huisves waardeer dit nie genoeg om in bewaringspogings te belê nie. Dit is egter die geskiedenis – ons geskiedenis – en ons sal veg om te keer dat dit spoorloos verdwyn. Ons hoop dat u saam met ons sal staan.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Comment

Post Header

Published:
2020-12-13 17:26:17 UTC
Original:
Upcoming changes to images
Tags:

Oor die volgende paar dae gaan ons 'n klein verandering maak aan die manier waarop prentjies verskyn in fanwerke. Om die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) meer toepaslik te maak vir kleiner skerms, gaan ons die gewone verskyning van prentjies opgradeer om te verseker dat dit nie wyer as die volledige wydte van u skerm is nie.

Voor en na: 'n Werk met die AO3 logo wat gedeeltelik afgesny is aan die regterkant, en met die prentjie aangepas sodat die volledige prentjie op die skerm pas.

Hierdie verandering sal op beide nuwe en bestaande werke van toepassing wees en word gedoen deur CSS. Dit beteken dat dit selgs 'n invloed het op hoe die prentjie op die AO3 verskyn - die prentjie leêr self sal nie verander word nie.

Indien u 'n kunstenaar is wat dit vir ander wil makliker maak om u kuns in 'n groter vorm te aanskou, beveel ons aan dat u 'n skakel sal aanheg wat lei na die volledige grootte prentjie. Ons Algemene Vrae verduidelik hoe om 'n skakel met HTML te skep, of u kan die skakel knoppie op ons 'Rich Text Editor' gebruik.

Vir kuns liefhebbers wat graag 'n prentjie teen die volledige grootte wil aanskou, sal 'n blaaier handig van pas kom. Die instruksies sal verander afhanged van u toestel en blaaier, maar oor die algemeen kan u regskliek (of die ekwivalent van u toestel) op 'n prentjie om 'n menu oop te maak, wat 'n opsie behoort te gee om die prentjie in 'n ander tab oop te maak, of om die prentjie se web adres te kopieer, wat u dan kan besoek. Vir instruksies met meer besonderhede stel ons voor dat u na u geliefkoosde soekenjin sal gaan en soek vir "maak prentjie in 'n ander venster oop" en die naam en weergawe van u blaaier, operasionele sisteem of toestel.

Comment

Post Header

Published:
2020-11-27 19:07:18 UTC
Original:
The Archive of Our Own Reaches Three Million Registered Users!
Tags:

Die AO3 Haal Drie Miljoen Geregistreerde Gebruikers!

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is bly om aan te kondig dat die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) nou meer as 3 miljoen geregistreerde gebruikers het!

Nadat AO3 op 14 November 2009 vir lede van die publiek geopen is, het dit vinnig gegroei. Vier jaar gelede, op 31 Oktober 2016, het ons die mylpaal van 1 miljoen geregistreerde gebruikers bereik en net meer as 'n jaar gelede, op 17 Julie 2019, het ons 2 miljoen geregistreerde gebruikers getref. Ons kan nie meer opgewonde wees om hierdie nuwe rekord te haal nie.

Ons sou verseker nie sonder u, ons gebruikers – beide geregistreerd en ongeregistreerd – hierdie ongelooflike mylpaal kon haal nie en ons kan u nie genoeg bedank nie.

Dankie vir al u bydraes – u fanwerke, u kommentaar, u kurasie en moderering van versamelings. Ons hoop hierdie mylpaal is net een van nog vele meer, en dat u saam met ons sal groei soos ons vorentoe beweeg.

Alhoewel ons baie dankbaar is vir alle AO3-gebruikers is daar voordele verbonde aan die registrasie van 'n rekening! Eerstens het u toegang tot geslote werke. Sommige werke word op so 'n manier geplaas dat dit slegs toeganklik is vir diegene wat ingeteken is.

Tweedens het geregistreerde gebruikers toegang tot AO3-voorkomsvelle wat hul leeservaring kan omskep en wat die AO3 meer toeganklik kan maak. Die Reversi-voorkomsvel, AO3 se weergawe van "dark mode", is slegs een van vele beskikbare opsies.

Derdens kan u inskryf om in kennis gestel te word as u gunsteling werke opgedateer word of as u gunsteling skeppers nuwe werke plaas. U hoef nie die blad met die hand te verfris om te sien of die fanfik wat u lees opgedateer is nie – ontvang sommer net 'n kennisgewing in u posbus. Hierdie is natuurlik net drie redes, maar daar is vele meer!

Daar is baie maniere om 'n geregistreerde gebruiker te word. U kan 'n versoek aan die AO3 stuur en die wagtyd op die Uitnodiging statusbladsy dophou. As u besonders ongeduldig voel kan u een van u vriende vir 'n uitnodiging vra! Baie geregistreerde gebruikers het 'n aantal uitnodigings om weg te gee – as u nie by die waglys wil aansluit nie, is dit die beste opsie.

As dank vir al u ondersteuning deur die jare het ons beide 'n foon- en rekenaar agtergrond geskep wat u kan aflaai. Laai dit af en neem deel aan die feesviering!

AO3 foon agtergrond
(kies beeld om te vergroot)

AO3 rekenaar agtergrond
(kies beeld om te vergroot)


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertaling bladsy.

Comment

Post Header

Published:
2020-11-19 17:02:47 UTC
Original:
Presenting New OTW Gifts for Long-Standing Members
Tags:

Gedurende Oktober se lidmaatskap werwing het ons aangekondig dat ons werk aan ‘n manier om die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se lojaalste ondersteuners te vier. Ons is opgewonde om die nuwe eksklusiewe geskenke te deel wat ons ontwerp het om drie, vyf en tien jaar aaneenlopende lidmaatskap te herdenk!

Almal wat ‘n lid vir ten minste die laaste 3 jaar teen die einde van 2020 was, kwalifiseer nou om ‘n splinternuwe OTW boekmerk te ontvang wat spesiaal vir die geleentheid ontwerp is:

Boekmerk met die inskrywing "3-jaar lid" en die OTW logo.
(kies prentjie om te vergroot)

Vir ons vyf-jaar lede het ons ‘n lieflike plakker voorberei wat op ‘n verskeidenheid opervlaktes geplak kan word; van waterbottels tot skootrekenaars. Indien u al vir vyf jaar ‘n lid was, kwalifiseer u om beide die plakker en die boekmerk te ontvang!

’n Plakker met die inskrywing "5-jaar lid van die Organisasie vir Transformerende Werke" en die OTW logo in die middel.
(kies prentjie om te vergroot)

Laastens, om tien jaar van lidmaatskap aan te dui, het ons die perfekte magneet vir u yskas of enige metaal kabinet. Enige iemand wat so lank al ‘n lid was, kan natuurlik al drie geskenke gelyktydig ontvang!

Magneet met die inskrywing "Lid van die Organisasie vir Transformerende Werke vir 10 jaar" en die OTW logo.
(kies prentjie om te vergroot)

Ons gaan begin om hierdie geskenke aan almal wat aan die einde van 2020 gekwalifiseer het, aan die begin van volgende jaar te pos, en dan een keer per jaar daarna. Al wat u hoef te doen om u geskenke te ontvang is u adres bevestig! Wanneer u okal kwalifiseer vir ‘n geskenk sal ons ‘n epos stuur om u te vra om u posadres te bevestig, so hou ‘n ogie op u inboks! (Let wel dat, indien u gekies het om nie eposse van die OTW te ontvang nie, u dalk nie hierdie epos en u geskenk sal ontvang nie. Kontak gerus die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee indien u enige vrae het.)

Die werk van die OTW is slegs moontlik te danke aan u donasies. Ons waardeer al ons lede opreg, ongeag of u ‘n enkele donasie gemaak het of ons al van die begin af ondersteun. Indien u belangstel om ‘n lid te word, hoef u slegs “Yes” (Ja) te antwoord op die vraag "Do you want to be an OTW member? ($10 minimum donation)" (Wil u ;n lid van die OTW wees? (Minimum VS$10 donasie)) op die donasievorm wanneer u ’n donasie maak van VS$10 of meer. Behalwe vir feestelike geskenke om ons waardeering te toon, sal OTW lidmaatskap u toelaat om te stem in die verkiesing vir die OTW Raad van Direkteure! As u nie seker is hoe lank u al ‘n lid was nie of enige ander vrae het, kontak gerus die Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende voorsaat organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span vryvillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsbladsy.

Comment

Post Header

Published:
2020-11-11 17:38:52 UTC
Original:
Celebrating 40,000 Fandoms on the AO3
Tags:

Die Etiket Organisasie Komitee kondig met vreugde aan dat ons die mylpaal van 40 000 fandoms op die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) bereik het!

Ons het verskeie fandom mylpale oor die jare bereik:

  • 5 000 fandoms rondom Nuwejaar, 2010
  • 10 000 fandoms in September 2012
  • 15 000 fandoms in April 2014
  • 20 000 fandoms in Desember 2015
  • 25 000 fandoms in Junie 2017
  • 30 000 fandoms in Oktober 2018
  • 35 000 fandoms in Desember 2019

Ons het hierdie keer besluit om die mylpaal te vier met hierdie berig, wat meer verduidelik oor hoe die Etiket Organisasie Komitee die etikette organiseer wat AO3 so maklik maak om te navigeer, selfs al hou ons aan groei. Ons het ook 'n paar wenke ingesluit om u te help om u werke te etiketteer op 'n manier wat beide u en die ander mense wat AO3 filters gebruik, sal bevoordeel.

Wat is 'n Fandom, in elk geval?

Ons is bly dat u gevra het! In verband met etikette op AO3, kan 'n fandom gedefinieer word as die oorspronklike media waar u karakters, verhoudings of ander konsepte vandaan kom. U kan byvoorbeeld deel wees van 'n fandom vir die paring Hán Wénqīng/Yè Xiū, maar etiket organiseerders sal die paring as deel van die 全职高手 - 蝴蝶蓝 | Quánzhí Gāoshǒu - Húdié Lán fandom beskou, aangesien die twee karakters daarin ontstaan het.

Fandoms op AO3 sluit dinge in wat u dalk verwag, soos televisie programme, boeke, podcasts, video speletjies, flieks en bands, maar te danke aan ons kreatiewe gebruikers het ons ook fandoms vir dinge soos advertensies, personifikasies, bordspeletjies, preptparkritte en vele meer.

Ons deel 40 000 Fandoms met meer as 2.5 Miljoen mense

Selfs al is daar ongelooflike verskeidenheid in die soort fandoms op die AO3, het al hierdie fandoms 'n verbasende hoeveelheid dinge in gemeen as dit kom by die name van karakters, gebeurtenisse en konsepte. Op AO3 word alle karakters, gebeurtenisse en konsepte deur etikette voorgestel! Met sulke groot gemeenskap van fans en meer wat daagliks by ons aansluit, het ons gevoel dat dit 'n goeie tyd is om te verduidelik wat hierdie groei beteken terwyl ons werk om al hierdie fandoms makliker te maak vir gebruikers om te navigeer.

Etikette op AO3 word gedeel. Op hulle eie het hulle geen konteks of verhouding met 'n ander etiket nie. Byvoorbeeld, as u die etiket Chester in die karakterveld sou tik, sal etiket organiseerders die nie by die filters vir Chester the Dog (Stranger Things) (Chester die Hond (Stranger Things) of Chester Campbell kan voeg nie, selfs al kon hulle aflei dat dit is wie u bedoel. Daar is net een "Chester" etiket, maak nie saak hoeveel keer dit gebruik word of vir hoeveel werke nie. Enige gebruiker kan hulle werk met Chester etiketteer wanneer hulle verwys na Chester die Hond, maar hulle mag dalk opeindig om daardie etiket met 'n ander gebruiker te deel wat reeds die Chester etiket gebruik het om te verwys na Chester Campbell.

Etiket organiseerders kan nie werke skei wat presies dieselfde etiket gebruik nie-dis die hoof rede waarom organiseerders probeer om filtreerbare (of 'kanonieke') etikette so spesifiek as moontlik te maak. Etikette wat ondubbelsinnig, fandom-spesifiek en kanoniek is help almal om werke oor die fandoms, karakters, verhoudings en addisionele konsepte wat hulle soek in die filters waar hulle dit verwag, te vind.

Indien u ontdek dat u werk gelys word in 'n ander filter as wat u verwag, kan u probeer om die etiket te redigeer sodat dit duideliker sal wees. Byvoorbeeld, Penny Parker is 'n karakter op die TV-program MacGyver, maar ook 'n algemene naam vir vroulike Peter Parker (beter bekend as Spider-Man). As u, u werk oor vroulike Peter Parker slegs etiketteer met "Penny Parker" in die karakterveld, sal u werk opeindig in die filters van die MacGyver karkater, aangesien etiket organiseerders nie kan onderskei tussen gebruike van slegs "Penny Parker" vir die MacGyver karakter of vroulike Peter Parker nie. Dit is nie ideaal vir MacGyver- óf vroulike Peter Parker-fans nie!

Om te verseker dat u werk oor vroulike Peter Parker in Peter Parker se filters opeindig, waar ander Spider-Man fans dit ook kan geniet, kan u oorweeg om eerder 'n gespesifiseerde etiket soos "Penny Parker (girl!Peter) te gerbuik. U kan ook 'n addisionele etiket soos Female Peter Parker (Vroulike Peter Parker) aan u werk heg om ander gebruikers te help om dit te vind.

Indien u vir die eerste keer 'n werk plaas met 'n etiket, is dit dalk 'n goeie idee om te kyk na die ander werke in die filter. U mag dalk ontdek dat 'n ander fandom 'n ander betekenis gegee het aan 'n etiket van 'n fandom wat u ken en lief het.

Hoe om die Meeste te Maak van Etikettering

In 2019 het etiket organiseerders gesamentlik ongeveer 2.7 Miljoen etikette georganiseer. Etiket organiseerders werk baie hard om u etikette te verbind. Hulle help om u werke maklik vindbaar te maak, sodat ander gebruikers u werke net soveel kan geniet soos wat u dit geniet het om die werke te skep.

Met daardie doel in gedagte, het ons 'n paar wenke wat etiket organiseerders kan help om u werke of boekmerke in die filters te plaas waar u hulle wil hê. (Moet asseblief nie kommentaar lewer op die werke van ander gebruikers om hulle te vra om hierdie te doen nie - die wenke is vir u eie werke alleenlik!)

Plaas u etikette in die korrekte etiket kategorieë wanneer u, u werke plaas. Met ander woorder, fandom name kom in die Fandoms veld, verhoudings in die Relationships (Verhoudings) veld en die name van karakters in die Characters (Karakters) veld. Vir enige iets wat nie onder hierdie velde pas nie, gebruik Additional Tags (Addisionele Etikette).

Voeg kleiner rolle in die Addisionele Etikette veld by. Indien 'n fandom, karakter of verhouding slegs 'n vinnige verwysing in u werk ontvang, kan u dit onder "Addisionele Etikette" plaas. DIt sluit etikette soos Ru Pauls drag race references (Verwysings na Ru Paul's drag race), Yagi Toshinori Is Mentioned (Yagi Toshinori word genoem) en Small Mention of Flynn/Yuri (Klein verwysing na Flynn/Yuri) in. So sal ander gebruikers weet dat u werk nie hoofsaaklik oor Ru Paul's Drag Race, Yagi Toshinori of Yuri Lowell/Flynn Scifo gaan nie (wat hulle mag dink as u hierdie etikette in die fandom, karakter of verhouding velde sou plaas).

Maak seker dat u etikette korrek geskei word. Wanneer u klomp etikette intik, kan hulle deur kommas geskei word of u kan "Enter" gebruik op u sleutelbord. Aangesien kommas etikette in die databasis skei, sal u nie etikette kan skep wat kommas bevat nie (dit sal die etiket in twee dele skei). (Let asseblief dat Chinese of Japanese kommas nie noodwendig as skeiers sal werk nie).

Maak seker dat elke etiket net een konsep bevat. (Een fandom, een karakter, een verhouding, een gebeurtenis, ens.)

Maak seker dat die etikette selfstandig is. (Met ander woorde, geen addisionele konteks word benodig om te verstaan waarna die etiket verwys nie.) Probeer om karakters se volle name te gebruik. Indien hulle nie 'n van het nie, oorweeg dit om die fandom by te voeg om hulle van ander karakters met dieselfde naam te onderskei, soos volg: Undyne (Undertale).

Gebruik die Addisionele Etikette veld om enige temas, genres, gebeurtenisse, squicks, snellers, ens. by te voeg wat u dink 'n gebruiker sal wil weet wanneer hulle besluit of hulle in u werk belangstel of nie.

Let op vir korrekte spelling en maak dubbel seker van u etikette voor u dit plaas.

Vir wenke oor hoe om Regte-persoonsfiksie en platoniese of nie-romantiese verhoudings te etiketteer, verwys na die raad in ons vorige vieringsberig of die Etikette Algemene Vrae.

Let wel dat hierdie etiketteringsvoorstelle nie bedoel is om u te verhinder om kreatiewelik te etiketteer vir verskillende onderwerpe nie! Etiket organiseerders hou van kreatiewe etikette en kan soms selfs die konsepte kononiseer. Erik Lehnsherr's Terrible Fashion Sense (Erik Lehnsherr se Slegte Sin vir Mode) is net een van die vele vreugdevolle etikette wat ons laat giggel.

Indien u enige vrae het oor etiket organisering, verwys asseblief na die Etikette Algemene Vrae. Indien u vraag steeds nie beantwoord is nie, verduidelik die algemene vrae ook hoe om direk met etiket organiseerders in kontak te kom.

Moet asseblief nie kommentaar lewer op hierdie berig met vrae of versoeke oor spesifieke etikette nie. Hulle sal geen antwoord ontvang nie, aangesien etiket organiseerders nie maklik die vrae van hier af kan opspoor nie. Gebruik eerder die bogenoemde opsies om ons te kontak. Dankie!

Comment

Post Header

Published:
2020-09-01 09:32:09 UTC
Original:
Problems logging in to your account?
Tags:

Om ons sekuriteit en onderhoudbaarheid te verbeter, het ons die hele kode vir die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) intekening opgeknap. Soos ons voorheen aangekondig het, het hierdie opknapping veroorsaak dat alle gebruikers uitgeteken is. As u, u gebruikersnaam en wagwoord ken, behoort u soos normaal te kan inteken. Hier is a paar dinge om op te let en na te gaan indien u probleme ondervind:

Het u by u profiel ingeteken deur gebruik te maak van die skakel in u registrasie-bevestigings-epos?

As u onlangs aangesluit het by die AO3 familie en sukkel om in te teken, maak asseblief seker dat u, u profiel geaktiveer het! U sou ‘n registrasie-bevestigings-epos binne 24 uur gekry het vanaf [email protected], met ‘n skakel om u profiel te aktiveer. Die aktiverings-epos word gewoonlik direk na die skep van ‘n profiel ontvang, maar sommige epos-verskaffers kan die epos op ‘n merkwaardige wyse vertraag.

Sodra u, u profiel geaktiveer het, sal ‘n aktivering-bevestigings-epos aan u gestuur word, vanaf dieselfde epos adres: [email protected]. Wat soms gebeur is dat hierdie eposse verlore raak in die strooipos filters of die outomatiese in-boks sortering, so maak seker dat dit nie in een van hierdie lêers is nie. As u nie u aktiveringsversoek of u aktivering-bevestigings-epos kan opspoor nie en die nodige 24 uur het verval nadat u geregistreer het, kontak ons Ondersteuningskomitee en vra dat een van ons administreerders die profiel namens u aktiveer.

Indien u met u gebruiksnaam probeer inteken, is dit korrek?

Om seker te maak u gebruiksnaam bestaan en behoort aan u, gaan na u webblaaier en tik die volgende in: https://archiveofourown.org/users/USERNAME, vervang "USERNAME" met u gebruiksnaam. As die rekening bestaan dan sal die bladsy u neem na die Dashboard (paneelbord). Hier kan u seker maak dat die ikoon, profiel inligting of die publieke werke en boekmerke vir die rekening aan u behoort.

Asseblief neem kennis dat gebruikersname slegs bestaan uit klein- en grootletters van A-Z, nommers en onderstrepe (_)

Indien u probeer inteken met u epos, is dit korrek?

As u meer as een epos adres het, sal dit help om die volgende te doen: gaan na New Password (Nuwe Wagwoord) bladsy, tik u epos address in en kliek dan op "Reset Password" (Herstel Wagwoord). As die epos wat u ingetik het, nie geassosieer is met die rekening nie, sal u ‘n ‘foutief’ boodskap sien en geen epos sal gestuur word nie.U kan dit doen met al u eposse om te sien watter een u oorspronklik vir u AO3 rekening gebruik het.

U sal dan met u gewone wagwoord kan inteken, selfs na ‘n herstel epost gestuur is (ignoreer die epos dan).

Is u wagwoord korrek?

As u bepaal het dat u gebruikersnaam of epos waarmee u probeer inteken korrek is, kan die fout by u wagwoord lê. Voltooi die vorm op New Password bladsy en ‘n skakel sal aan u gestuur word wat u sal toelaat om u wagwoord te verander.

As u nie die epos binne 24 uur ontvang het nie, kyk in u spam lêer of in u automatiese sortering boks. Die epos sal die volgende onderwerp benaming bevat: "[AO3] Reset your password" (Herstel Wagwoord).

Aangepas (28 Desember, 10:43 UTC):
As gevolg van veranderinge aan die manier wat wagwoorde skoongemaak word sal u, u wagwoord moet herstel as dit voorheen die < of > karakters bevat het. (U kan nogsteed die < en > gebruik in u wagwoord, dit moet net opgedateer word op ons nuwe sisteme.)

Sit u weblaaier of ‘n wagwoord bestuurder u gebruikersnaam/wagwoord outomaties in?

Indien u gebruik maak van u weblaaier se outomatiese voltooiing of ‘n wagwoord bestuurder om in AO3 in te teken, kan dit wees dat die bestaande gebruikersnaam/wagwoord kombinasie inkorrek is. Om seker te maak, vee die bestaande kombinasie uit en tik u besonderhede van voor af in. Tik dit uit met die hand en opdateer u rekords om dieselfde probleem in die toekoms te verhoed.

Het u probeer om u blaaier se koekies uit te vee?

Soms kan inteken-probleme veroorsaak word deur korrupte of waningestelde koekies. Koekies kan daartoe lei dat ‘n ‘foutief’ boodskap verskyn wat aandui dat die gebruikersnaam en wagwoord wat u ingetik het, nie dieselfde as die rekords op ons sisteem is nie, al is dit korrek. Wat ook kan gebeur is ‘n kondisie waar u ‘n boodskap kry dat u suksesvol ingeteken het, maar u is eintlik nie ingeteken nie. Om seker te maak dat u koekie stellings u nie verhoed om toegang tot die AO3 te kry nie, maak seker u blaaier aanvaar koekies van AO3, en maak vorige koekies toe voor u weer probeer inteken.
Instruksies vir die bestuur van koekies verskil van blaaier tot blaaier, maar hier is ‘n paar skakels om u te help:

Het u probeer om die blaaier se uitbreidings/byvoegings af te skakel?

Soms kan blaaier uitbreidings en byvoegings inmeng met die inteken-proses. Om seker te maak u instellings keer u nie om in te teken nie, skakel alle addisionele sagteware wat saam met u blaaier gaan, af, deur een van die volgende skakels te volg:

Het u probeer om met ‘n ander blaaier of toestel in te teken?

Indien u suksesvol by AO3 kan inteken met die gebruik van alternatiewe metodes, lê die probleem waarskynlik by u blaaier of toestel eerder as u AO3 profiel. Indien hierdie die geval is stel on voor dat u die bogenoemde stappe volg in u gekose blaaier. As u nogsteeds onsuksesvol is, lig ons in oor enige sulke probleme deur ons Ondersteuningskomitee te kontak sodat ons verdere ondersoek kan instel. Onthou asseblief om inligting oor die blaaiers(s) en toestel(le) wat u reeds probeer het in te sluit, sowel as die probleem self.

Het u al die bogenoemde probeer maar is nogsteeds nie in staat om in te teken nie?

As u al die bogenoemde probeer het, maar nogsteeds nie in staat is om in te teken nie, gebruik asseblief die volgende om direk in kontak te kom met ons Ondersteuningskomitee. Moet asseblief nie enige profiel inligting deel in die kommentaar afdeling van hierdie inskrywing nie, aangesien alle kommentaar tot die publiek beskikbaar is en gesien kan word deur enige persoon wat toegang het tot hierdie bladsy. Kommentaar wat profiel inligting bevat sal by voorbaat verwyder word, sonder terugvoering.

Soos altyd, onthou asseblief om soveel besonderhede as moontlik oor die spesifieke probleem wat u ondervind deur te gee, insluitend enige ‘foutief’ boodskappe wat ontvang is en u blaaier/ toestel konfigurasies, sodat ons die mees effektiewe oplossings kan vind. Dui ook asseblief aan watter van die bogenoemde stappe u gevolg het, sodat ons daardie stappe kan uitskakel.

Comment


Pages Navigation