Post Header
’n Nie-amptelike Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) Android toepassing is onlangs vrygestel op die Google Play platform. Omdat hierdie bekendstelling die onderwerp weer in die kollig geplaas het, wil ons van die geleentheid gebruik maak om die huidige stand van die amptelike AO3 toepassing se ontwikkeling te deel.
"Het julle al daaran gedink om ’n toepassing te maak?" is een van ons mees algemene vrae, maar in mobiele toepassing onkwikkeling is daar nie eintlik so ’n ding soos "’n" toepassing nie. Toepassings moet vir verskillende platforms gebou word — Android, iOS, en Windows Mobile is die top drie — en vir die verskeie weergawes van die platforms wat nog gebruik word.
Nog voordat ons ’n toepassing kan begin ontwikkel wat u sal toelaat om meer te doen as om net deur onbeperkte werke te blaai, moet ons eers ’n openbare API ontwikkel. Dit is beslis op ons padkaart, maar nog verskeie vrystellings weg. Daarna sal ons verskillende responsiewe gebruikers-koppelvlakke moet bou vir beide foon en tablet. Wat lyk soos ’n klein, eenvoudige projek, verander vinnig in iets wat baie toegeweide hulpbronne en diverse vaardighede benodig. Alhoewel ons in die verlede gesê het dat ons ’n mobiele AO3 toepassing wil vrystel, is die nodige hulpbronne bloot nie beskikbaar nie.
Die kodeerders wat help met die ontwikkelling van AO3 doen dit op ’n vrywillige basis, en gee soveel tyd as moontlik om die groei en ontwikkeling daarvan te ondersteun — maar daardie tyd is beperk, en word opgeneem deur die instandhouding van die AO3. Die span moet of hulle tyd toespits om die AO3 te verbeter, of ’n toepassing ontwikkel — daar is eenvoudig nie genoeg vrywilligers om albei te ondersteun nie.
Dit is nie net die aanvanklike ontwikkeling wat hulpbron-intensief sou wees nie. ’n Toepassing sal gedurig onderhou en bygewerk moet word om te verseker dat dit aanhou werk soos wat nuwe weergawes van elke platform vrygestel word—boonop moet dit gedurig verbeter en ontwikkel word om die nuutse AO3 funksies in te sluit. Daarby verg ’n toepassing langtermyn onderhoud deur ’n toegewyde span, en ons kan nie staatmaak op donasies om dit te bevonds nie.
Maar koderings- en toetshulpbronne is net die begin van wat nodig sal wees om ’n toepassing te ondersteun! Ondersteuning sal ook benodig word van die volgende spanne:
- Ons Ondersteuningkomitee sal aangestel, opgelei, en toegerus moet word om te help met enige tegniese probleme op elke platform,
- Ons Dokumentasie-komitee sal ondersteunings dokumentasie vir die toepassing moet opstel en dit voortdurend opdateer, en
- Die Vertalingskomitee sal die dokumentasie moet vertaal en voortdurend opdateer om die toepassing toeganklik te maak vir nie-Engelssprekendes.
Nie net sal dit meer hulpbronne neem as wat ons tans beskikbaar het nie, dit sal ook spanlede wegneem wat aan die vervulling van ons padkaart werk.
Ons span se doelwit is om AO3 beskikbaar en toeganklik te maak vir soveel mense as moontlik. Die beste manier waardeur ons dit kan doen is om al ons aandag en fokus te plaas om ’n enkele, responsiewe weergawe van die AO3 te bou wat werk (en wat goed werk!) op soveel toestelle as moontlik. Ons is toegewy daaraan om te verseker dat dit alle toestelle insluit, en ons sal aanhou om ons hulpbronne te rig om die webwerf se mobiele responsiewiteit en bruikbaarheid vir almal te verbeter. Dit beteken dat ’n losstande toepassing net nie moontlik is op hierdie stadium van die AO3 se ontwikkeling nie.
Om af te sluit met ’n sekuriteitsboodskap, as ’n derde-party toepassing of webwerf vra vir u AO3 intekeningsinligting, wees uiters versigtig en wees bewus daarvan dat u hierdie inligting op u eie risiko uitgee.
Alhoewel daar op die oomblik geen kommer is oor sekuriteit nie, kan u u wagwoord verander as u ooit dink dat u rekening se intekeningsinligting bekend gemaak is.
