AO3 News

Post Header

OTW Lidmaadskapwerwing, 17-19 Oktober 2025

Die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bly groei en nuwe mylpale bereik. Vanjaar alleen het ons nege miljoen gebruikers, een miljoen Mandaryns-Chinese fanwerke en 15 miljoen fanwerke gevier. Het jy al ooit gewonder hoe ons agter die skerms by bly?

Een van die plekke waar jul skenkings mees benut word is deur ons Sisteemkomitee, wat hard werk om die bedieners wat AO3 se databasis en soekstelsels aandryf, op te gradeer om tred te hou met die toenemende aantal gebruikers en aktiwiteit.

Die Sisteemkomitee onderhou die infrastruktuur wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte ondersteun, sowel as interne stelsels. Dit sluit ons drie bedienerrakke, talle bedieners en netwerktoerusting (hieronder gelys) in. Ons span van vrywilligers monitor gereeld ons bedieners en reageer so gou moontlik op onderbrekings om diens te herstel. Dit is benewens die uitvoering van roetine opgraderings en onderhoud om te verseker dat die OTW se projekte beskikbaar bly. Hulle publiseer ook af en toe ondersoeke en aanbiedings oor AO3 se infrastruktuur op hul AO3_Sisteemkomitee AO3-rekening.

AO3 bedienerrakke.

Ons het verskeie donasie geskenke vir hierdie Lidmaatskapwerwing voorberei! Soos gewoonlik het ons ons VS$45-plakkerstel. Op die VS$75-vlak het ons vanjaar se aansteekspeld (die AO3-logo vermom as 'n skoenlapper!) en 'n nuwe draaiende sleutelhouer met die AO3- en OTW-logo's op. Hierdie maand het ons ook ons ​​ou sportsak vervang met 'n waterbottel + aansteekspeld kombinasie.

Reënboogkleurige skoenlapper aansteekspeld met die AO3-logo as die skoenlapper se lyf Silwer sirkel sleutelhouer met twee ringe wat in teenoorgestelde rigtings draai. AO3-logo aan die een kant gegraveer met die OTW-logo aan die ander kant. Rooi metaal geïsoleerde waterbottel met 'n swart doppie. Dit sê

As jy 'n geskenk wil hê, maar nie die volle bedrag op een slag wil skenk nie, kan jy ook 'n herhalende skenking opstel en spaar vir die geskenk van jou keuse. Kies die geskenk wat jy wil hê op die skenkingsvorm. As jy kies om nie die volle bedrag op een slag te betaal nie sal dit outomaties as 'n herhalende skenking opgestel word. Die van julle in die VSA kan dalk ook jul bydrae verdubbel via werkgewersbydrae-programme: kontak jou HR-afdeling om uit te vind of dit 'n opsie is.

'n Skenking van VS$10 of meer sal jou ook toelaat om 'n lid van die OTW te word. OTW-lede het die reg om te stem vir die Raad van Direkteure – die OTW se bestuursraad. Jy het tot 30 Junie 2026 om 'n lid te word as jy in volgende jaar se verkiesing wil stem, wat in Augustus plaasvind.

Alhoewel ons hoop dat baie van julle hierdie geleentheid sal benut om te skenk en by die OTW aan te sluit, is ons dankbaar vir die ondersteuning van alle lede van hierdie gemeenskap, in al sy vele vorme! Of julle nou werke op die AO3 skep of deel, kommentaar lewer of fanwerke prys; Fanlore wysig; Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur) lees; of inligting versprei oor Legal Advocacy (Regsvoorspraak), help julle almal om die OTW en sy projekte elke dag te vorm. Ons is dankbaar vir julle tyd, energie en betrokkenheid!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.