Archive FAQ > Hoe om die Personeel te Kontak

Hoe kan ek hulp of tegniese ondersteuning kry op AO3?

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in die breër AO3 Algemene Vrae beantwoord. As u 'n probleem of vraag het wat nie in ons algemene vrae beantwoord word nie, kan u die Ondersteuningskomitee kontak via die Ondersteuning- en Terugvoervorm. U kan 'n skakel na die Ondersteuning- en Terugvoervorm in die voetskrif op elke AO3-bladsy vind. As u tegniese probleme het met die vorm op AO3, gebruik dan die rugsteunvorm op transformativeworks.org.

As u tegniese probleme met die webwerf ondervind, kan u die Ondersteuningskomitee help om u probleem vinniger op te los deur inligting in u boodskap oor die gebruik van die webwerf in te sluit. U kan byvoorbeeld die toestel en die bedryfstelsel wat u gebruik, u blaaier en weergawenommer insluit, asook presies watter stappe u geneem het om die resultaat wat u aanmeld, te kry. Moenie vergeet om u e-posadres in te sluit as u 'n antwoord wil ontvang nie. Dit kan dalk nodig wees om seker te maak dat die reaksie-e-pos nie in u spam-lêergids is nie - om die probleem te vermy, oorweeg dit om e-posse vanaf @transformativeworks.org te ‘whitelist’.

Hoe kan ek u vertel wat ek van AO3 dink?

U kan u terugvoer aan die Ondersteuningskomitee stuur via die Ondersteuning- en Terugvoervorm. U kan 'n skakel na die Ondersteuning- en Terugvoervorm in die voetskrif vind op elke Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) bladsy. Indien u tegniese probleme ondervind met die vorm op AO3, gebruik dan die rugsteunvorm op transformativeworks.org.

Hoe meld ek 'n oortreding van die AO3 Diensvoorwaardes aan?

U kan 'n Misbruikverslag indien om ons in kennis te stel van 'n moontlike oortreding van ons Diensvoorwaardes.

Daar is 'n paar dinge waarvan u bewus moet wees wanneer u 'n verslag indien:

  • Maak seker dat dit wat u aanmeld, die Diensvoorwaardes wel oortree. U kan dit kontroleer deur die Diensvoorwaardes en die Algemene Vrae oor Diensvoorwaardes te hersien.
  • Elke verslag word so volledig as moontlik ondersoek op grond van die gegewe inligting. Bykomende verslae oor dieselfde kwessie, tensy dit ekstra inligting verskaf, verhoog nie die spoed waarteen 'n probleem opgelos word nie. Dit verhoog ook nie die prioriteit van 'n verslag nie. Aangesien ons egter na elke verslag kyk wat ons ontvang, kan die indiening van verskeie verslae oor 'n enkele probleem vertraag hoe doeltreffend ons op hierdie en ander navrae kan reageer.

Hoe kan ek uitvind of spesifieke inhoud op AO3 toegelaat word?

Die Misbruik-span hou toesig oor alle kwessies wat verband hou met die Diensvoorwaardes en enige oortredings daarvan. Om uit te vind of spesifieke inhoud toegelaat word op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) en of dit die Diensvoorwardes kan oortree, kan u die Misbruik-span kontak deur 'n Misbruikverslag in te dien. U kan vra oor u eie werk of 'n werk van 'n ander skepper—alle verslae oor Misbruik is streng vertroulik.

Let daarop dat—alhoewel ons ons bes doen om akkurate advies te gee gebaseer op die inligting wat u verskaf—ons, ons besluit in 'n ondersoek kan hersien indien nuwe relevante inligting aan ons beskikbaar gestel word.

Kan ek AO3-personeel anoniem kontak?

Nee, u kan nie. Beide die Ondersteuning- en Terugvoervorm en die Rapporteer Misbruikvorm vereis dat u 'n geldige e-posadres invoer, sodat ons u kan kontak om u navraag verder te bespreek.

As u by die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ingeteken is wanneer u toegang tot die Ondersteuning- en Terugvoervorm of die Rapporteer Misbruikvorm verkry, sal u e-posadres outomaties ingevul word.

Wie kan ek kontak as 'n antwoord in die Algemene Vrae verkeerd of verwarrend is?

Raadpleeg Hoe kan ek terugvoer gee oor wat ek van AO3 dink?

Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord word nie?

Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons Diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.