AO3 News

Post Header

Published:
2025-02-12 03:49:02 UTC
Original:
What We’re Doing for #IFD2025
Tags:

Internasionale Fanwerkedag

Daar is net 'n paar dae oor tot 15 Februarie, wat beteken dat dit amper tyd is vir die 11de jaarlikse Internasionale Fanwerkedag (IFD)! Vir #IFD2025 het ons baie aktiwiteite beplan vir fans regoor die wêreld. Kyk sommer nou na die lys van aktiwiteite om uit te vind waaraan u kan deelneem!

  • Feedback Fest (Terugvoerfees): Soos gewoonlik, hou ons ons jaarlikse terugvoerfees! Dit is u kans om ander mense te vertel van u gunsteling werke in u fandoms, fik dinamika, of dinge wat u glo die fandom-ekosisteem sterk beïnvloed het! Soek vir ons ​​Feedback Fest-bloginskrywing op 13 Februarie, en los dan kommentaar met 10 aanbevelings vir fans! Gebruik die #FeedbackFest hutmerk wanneer u op sosiale media plaas.
  • Deel u ervaring van "fandoms as ekosisteme" deur gebruik te maak van die #IFD2025- of #IFDChallenge2025-hutsmerkers op sosiale media!
  • Op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), kan u werke merk wat op fangemeenskappe gefokus is met ons International Fanworks Day 2025 (Internationale Fanwerkedag 2025) etiket!
  • Die feesvieringe vind nie net plaas op AO3 nie: Fanlore, die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se fannish geskiedenis- en kultuurwiki, vier ook fees! Die uitdaging duur 10-16 Februarie en behels 'n nuwe redigeringsuitdaging elke dag. Om deel te neem, verwys na die IFD 2025 Fanlore Challenge (IFD 2025 Fanlore Uitdaging)-bladsy (in Engels) vir meer inligting.
  • Games and Fan Chat (Speletjies en Fan Chat): Op 15 Februarie hou ons 'n chat op die OTW se Discord. Sluit by ons aan tussen 21:00 UTC 14 Februarie (Hoe laat is dit vir my?) en 03:00 UTC 16 Februarie (Hoe laat is dit vir my?) om algemene kennis-speletjies te speel en met ander fans te gesels! Die chatkamer sal in Engels gemodereer word, en ons sal 'n gedetailleerde skedule op die 15de plaas.

Baie dankie dat u regdeur die jaar betrokke is en deelneem aan fankultuur. Sien u by #IFD2025!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.