AO3 News

Post Header

Published:
2022-02-04 21:32:53 UTC
Original:
Opting out of gifts
Tags:

Ons beplan om binne die volgende paar dae 'n nuwe voorkeur te implementeer wat meer beheer aan gebruikers sal gee oor wie vir hulle geskenkwerke mag gee. Hierdie verandering is 'n belangrike vooruitgang in ons doel om aan gebruikers meer opsies te gee wat hulle sal toelaat om hul ervaring op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van ons Eie) beter te beheer en sodoende ongewensde interaksies met ander te beperk.

Die voorkeur sal die volgende genoem word: "Allow others to give me gift works outside gift exchanges and prompt memes." (Laat geskenke van ander buite geskenk uitruilings en prikkel-memes toe).

Wanneer hierdie voorkeur aangeskakel is, sal enige AO3 gebruiker aan u 'n geskenk kan gee. Dit is hoe die AO3 huidiglik werk en dit sal so voortgaan vir alle bestaande gebruikers.

Wanneer die voorkeur afgeskakel is, sal slegs gebruikers wat daarvoor verantwoordelik is om vir u 'n fanwerk in 'n geskenk uitruiling te skep, of gebruikers wat een van u nie-anonieme prikkels in 'n prikkel-meme geëis het, die vermoë hê om aan u 'n geskenk te gee. Dit sal dus beteken dat, as u geen geskenke van enige iemand wil ontvang nie, u hierdie voorkeur kan afskakel en vir geen geskenk uitruilings inskryf nie.

Die voorkeur sal as standaard afgeskakel wees vir enige rekeninge wat geskep is na die implementering van die voorkeur. (Gewoonlik sou ons enige nuwe voorkeure vir bestaande gebruikers ook afskakel, maar dit is nodig dat die voorkeur aangeskakel bly sodat ons nie met aangaande geskenk uitruilings inmeng nie.)

Indien 'n gebruiker die voorkeur afgeskakel het en u probeer 'n ongevraagde geskenk aan hulle gee, sal u 'n foutboodskap ontvang wat sê dat die gebruiker nie geskenke toelaat nie.

Die voorkeur sal net van toepassing wees op nuwe geskenke, so u sal nogsteeds veranderinge aan bestaande geskenke kan maak sonder om die ontvanger te verwyder.

U Gifts (Geskenke) bladsy sal toeganklik bly ongeag of u die voorkeur aan- of afgeskakel het. U sal steeds bestaande of nuwe geskenke kan verwerp.

Wag, wat?

  • Indien u 'n bestaande AO3 gebruiker is, sal niks verander tensy u, u voorkeure opdateer nie.
  • Indien u nooit geskenkwerke wil ontvang nie kan u die "Laat geskenke van ander buite geskenk uitruilings en prikkel-memes toe" opsie afskakel by u voorkeure en dan nie vir enige geskenk uitruilings inskryf nie.

Ons sal die Engelse weergawe van hierdie berig opdateer om u te laat weet wanneer die veranderinge geïmplementeer is.