Post Header
Maak gereed vir Internasionale Fanwerkdag! Op 15 Februarie gaan ons weereens bymekaarkom van alle uithoeke van fandom vir die 11de Internasionale Fanwerkdag viering. Internasionale Fanwerkdag is geskep in 2014 ter ere van die miljoenste fanwerk op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) om alle vorme van fanwerk – fik, kuns, podfik, fantydskrifte en meer – te herken en te vier as onmisbare dele van fandom.
Hierdie jaar se Internasionale Fanwerkdag tema, Fan Gemeenskappe en Ekostelses, vereer hierdie idee van diversiteit in fandom en brei daarop uit: daar is nie net talle soorte fanwerke nie, daar is ook talle maniere waarop mense betrokke kan wees by fandom: lees, lewer kommentaar, handhaaf fanwiki's, skep kunswerke, skryf, en meer! Diverse fans wat saamwerk skep unieke fandom ekostelsels en ons wil dit hierdie jaar saam met u vier. Van nou tot Internasionale Fanwerkdag sal ons verskeie aktiwiteite aanbied waaraan ons u aanmoedig om deel te neem:
- Neem deel aan ons Terugvoerfees en beveel u gunsteling werke aan rakende (fiktiewe) gemeenskappe en sosiale dinamika. Of beveel iets aan wat u glo u fandom se ekostelsel beïnvloed het! Stel u belang? Kyk uit op 13 Februarie vir ons Terugvoerfees-bloginskrywing.
- Merk u eie werke op AO3 wat draai rondom fan gemeenskappe met ons International Fanworks Day 2025 (Internasionale Fanwerkdag 2025) etiket!
- Deel u ervaring met fandoms as ekostelsels op sosiale media met die etiket #IFD2025 of #IFDChallenge2025
Ons sien uit daarna om u bydraes te sien! As u op 'n ander manier wil deelneem is u natuurlik welkom om dit te doen. En as u of u fandom gemeenskap beplan om u eie Internasionale Fanwerkdag aktiwiteite aan te bied, laat weet ons sodat ons die sein kan versterk! U kan die bogenoemde etikette op sosiale media gebruik.
Ons sal binnekort ander feesvier-aktiwiteite vir Internasionale Fanwerkdag 2025 aankondig, so hou ons sosiale media kanale dop.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.